Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VAE, Bahrein teken historiese ooreenkoms met Israel in VSA

Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en Bahrein het Dinsdag in Amerika ooreenkomste onderteken om betrekkinge met Israel te normaliseer.

Die ondertekening van die geskiedkundige Abraham-verdrag by die Withuis het die twee lande die jongste Arabiese state gemaak wat ’n einde bring aan ’n jare lange taboe as deel van ’n strategiese herskikking van die Midde-Oosterse lande teen Iran.

Pres. Donald Trump van die VSA was die gasheer van die Withuis-seremonie waartydens die VAE en Bahrein op nuwe betrekkinge ooreengekom het sonder om aan te dring op ’n oplossing vir Israel se geskil met die Palestyne.

Benjamin Netanyahu, Israel se premier, Donald Trump, president van die VSA, Abdullatif bin Rashid Al Zayani, Bahrein se minister van buitelandse sake en sy eweknie van die Verenigde Arabiese Emirate, Abdullah bin Zayed al-Nahyan, staan Dinsdag op die balkon van die Bloukamer van die Withuis met die ondertekening van die Abraham-verdrag in Washington. Foto: AP

Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het voor ’n skare van ’n paar honderd mense op die grasperk van die Withuis ooreenkomste geteken met sjeik Abdullah bin Zayed al-Nahyan, die minister van buitelandse sake van die VAE, en Abdullatif bin Rashid Al Zayani, minister van buitelandse sake van Bahrein.

Die verdrag maak die lande die derde en vierde Arabiese state wat sulke stappe doen om bande te normaliseer sedert Israel vredesverdrae met Egipte in 1979 en Jordanië in 1994 onderteken het.

Trump het die geleentheid bestempel as “ ’n groot stap waarin mense van alle gelowe en agtergronde in vrede en voorspoed saamleef” en verklaar dat die drie lande voortaan in die Midde-Ooste gaan saamwerk.

Die feit dat Israel, die VAE en Bahrein nader aan mekaar beweeg, weerspieël hul kommer oor Iran se toenemende invloed in die streek en sy ontwikkeling van ballistiese missiele. Iran staan krities teenoor die ooreenkomste.

Die Abraham-verdrag is Dinsdag by die Withuis in Amerika onderteken tussen die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein en Israel met Donald Trump, president van Amerika, wat as gasheer vir die seremonie opgetree het. Foto: AP

Die drie Midde-Oosterse leiers het die verdrag en Trump se rol daarin geprys, met Netanyahu wat gesê het dat dit hoop gee aan “al die mense van Abraham”.

As ’n teken dat die Israelies-Palestynse konflik onopgelos bly, het Palestynse militante vuurpyle van Gaza na Israel afgevuur, het die Israeliese weermag Dinsdag gesê.

Israeliese paramedici in Ashod het twee mans vir beserings van glasskerwe behandel. Nog vier mense het ligte beserings opgedoen.

Trump het in ’n onderhoud met Fox News ’n paar uur voor die seremonie voorspel dat die Palestyne uiteindelik sou instem om vrede met Israel te bewerkstellig.

Trump het ook die Emirate se minister van buitelandse sake voor die seremonie ontmoet en die VAE bedank dat hulle die eerste van die Arabiese Golfstate was wat ingestem het om bande met Israel te smee. – Reuters

Palestyne het fop-kiste verbrand wat die Verenigde Arabiese Emirate en Bahrein verteenwoordig uit protes teen dié twee lande se stap om verhoudings met Israel te normaliseer. Die betoging is Dinsdag voor die kantoor van die Verenigde Nasies se spesiale koördineerder vir die Midde-Oosterse vredesproses in Gaza gehou. Foto: AP
Pres. Donald Trump en sy vrou, Melania, verwelkom die Israelse premier Benjamin Netanyahu en sy vrou, Sara, Dinsdag by die Withuis in Washington.Foto: Reuters


Meer oor:  Pres. Donald Trump  |  Vae  |  Bahrein  |  Israel  |  Ooreenkoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.