Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Verdagte wat glo 6 polisielede skiet, gee homself oor

Na ure lange onderhandelinge het ’n man, wat vroeër glo ses polisielede in Philadelphia in Amerika geskiet en gewond het, homself aan die polisie oorgegee.

Die verdagte het tot vroeg Donderdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) in ’n huis in die noordelike voorstede van Philadelphia geskuil.

Twee lede van die polisie en drie ander mense was in ’n stadium saam met die verdagte in die huis vasgekeer.

Die situasie het ontstaan nadat polisielede die huis gaan besoek het met ’n lasbrief om die verdagte in hegtenis te neem op dwelmverwante aanklagte.

Die verdagte het wild begin skiet, waarna drie mense wat saam met hom in die huis was en reeds in hegtenis geneem is en twee polisielede in die huis vasgekeer is.

Van die polisielede kon deur vensters en deure ontsnap om weg te kom toe die koeëls begin vlieg, volgens Richard Ross, kommissaris van die Philadelphia-polisie.

Die vasgekeerdes is vyf uur later deur lede van die spesiale-wapen-en-tegniek-eenheid (Swat) gered, maar die skieter het in die huis bly skuil.

Die skieter het volgens Ross ook op die Swat-voertuig geskiet wat buite die huis geparkeer was. Van die koeëls het die gebou oorkant die straat getref.

Die plaaslike media berig die skieter het ’n kragtige vuurwapen en baie ammunisie by hom gehad, terwyl gerugte die ronde gedoen het dat hy die voorval regstreeks op Facebook uitgesaai het. Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.