Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Verkeerde vrou kry aborsie in hospitaal

Die polisie ondersoek ’n voorval in Seoel, Suid-Korea, waar ’n dokter ’n aborsie op die verkeerde swanger vrou uitgevoer het.

’n Deurmekaarspul met twee vroue se hospitaalkaarte en die nalating daarvan om ’n pasiënt se identiteit na te gaan, het tot die fout gelei, berig CNN.

“Die dokter en die verpleegster het hul fout erken,” sê die polisie.

’n Saak van nalatigheid wat aanleiding gegee het tot ernstige aanranding, word ondersoek.

Aborsies was net wettig in Suid-Korea in geval van verkragting, bloedskande en indien die ma se gesondheid in gevaar is. Die wet is egter selde afgedwing.

People berig ’n nuwe wet wat aborsies wettig, is in April deur die land se grondwethof aanvaar.

Die vrou wat verkeerdelik haar baba verloor het, het na die kliniek gegaan vir ’n vitamien-inspuiting, berig The New York Times. Sy kom van Viëtnam en was ses weke swanger.

Meer oor:  Suid-Korea  |  Wêreld  |  Gesondheid  |  Aborsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.