Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Verkragters van kinders kan doodstraf in Indië kry
Narendra Modi, premier van Indië, ten tyde van sy onlangse besoek aan Brittanje. Foto: Reuters

Oortreders in Indië wat skuldig bevind word aan die verkragting van kinders sal voortaan die doodstraf opgelê kan word.

The Telegraph berig nuwe wetgewing is in Indië bekragtig as maatreël teen die land se hoë aantal seksuele aanrandingsake.

Die maatreël kom twee weke na massaprotesaksies oor twee hoë profielsake. In die een saak is ’n agtjarige meisie betrokke wat ’n slagoffer van ’n bendeverkragting was en in die ander saak is ’n politikus ’n verdagte.

Die kabinet het Saterdagaand byeengekom en die wetgewing goedgekeur enkele ure nadat Narendra Modi, premier, van ’n besoek aan Brittanje teruggekeer het.

Die voorgestelde wetswysigings in die kriminele reg sluit die doodstraf vir kinderverkragters in en ’n baie vinniger ondersoek- en hofproses in verkragtingsake.

Hierdie wetgewing is só ontwerp om die veiligheid van vroue en kinders te verseker te midde van beskuldigings dat Modi se regering nie genoeg doen om seksuele geweld aan te pak nie.

Die voorgestelde wetswysigings in die kriminele reg sluit die doodstraf vir kinderverkragters in en ’n baie vinniger ondersoek- en hofproses in verkragtingsake. Dit beteken ook dat die minimum vonnis wat tronkstraf insluit, swaarder gemaak gaan word.

Bykomend tot hierdie strenger maatreëls sal toegang tot regsadvies vir verkragtingslagoffers bespoedig word.

Die minimum tronkstraf vir ’n verkragter sal van 7 tot 10 jaar verhoog word.

In die afgelope twee weke het Indiërs in hul tienduisende die strate ingevaar om hul woede te kenne te gee na die verkragting en dood van Asifa Bano, ’n 8-jarige meisie van Kathua.

Die Indiese parlement is nie nou in sitting nie, maar weens die dringendheid van die wetgewing, sal die maatreëls bespoedig word.

Die meisie was ’n lid van ’n nomadiese gemeenskap wat skape aangehou het. Sy is in Januarie vermoedelik bedwelm en in ’n tempel gevange gehou en vir ’n week deur die bende verkrag voordat sy verwurg en met ’n klip doodgegooi is.

Die ander saak wat die mense se woede ontlok het, is dié van ’n 16-jarige meisie van Unnao, Uttar Pradesh, wat ’n politikus en lid van die regerende party van verkragting beskuldig.

Ná weke wat niemand na haar geluister het nie, het die meisie haar voor die huis van ’n politikus om die lewe probeer bring. Haar pa is in polisieaanhouding dood toe hy oor die voorval gaan kla het. Speurders het Kuldeep Singh Sengar, ’n politikus, kort hierna in hegtenis geneem. Hy word verdink van die verkragting maar ontken alle bewerings teen hom.

Die Indiese parlement is nie nou in sitting nie, maar weens die dringendheid van die wetgewing, sal die maatreëls bespoedig word.

Modi en sy Bharativa Janata Party het in die spervuur beland vir hul oënskynlike ongeërgdheid en gebrek aan optrede in die Kathua- en Unnao -saak. Dit het kritiek laat opvlam teen die land se manlike oorheersing van vroue en kinders.

Meer oor:  Narendra Modi  |  Indië  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.