Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vermiste Fransman se oorskot dalk gekry

Beendere wat onlangs naby ’n strand aan die Australiese ooskus gekry is, is moontlik die oorblyfsels van ’n Fransman wat in Februarie vermis geraak het, het die polisie Maandag gesê.

Supt. Paul Fehon

Die 21-jarige Erwan Ferrieux is vyf maande gelede die laaste keer saam met ’n Britse toeris, Hugo Palmer, naby Port Macquarie, ’n gewilde toeristedorp sowat 385 km noord van Sydney, gesien.

Kommer oor die twee jong reisigers is gelug toe ’n verlate gehuurde motor met hul besittings daarin gekry is.

Verskeie beendere is verlede maand op ’n nabygeleë strand gekry en die polisie sê hul grootste vrees is bewaarheid.

“Ons glo volgens die DNS-vergelykings dat die beendere aan Erwan Ferrieux behoort,” het supt. Paul Fehon in Port Macquarie aan verslaggewers gesê.

Hy het ook gesê nog ’n been is Sondag gekry en dat dit ook vir forensiese ontleding gestuur is om te bepaal of dit aan een van die vermiste reisigers behoort.

“Die been is van ’n ander deel van die anatomie,” het Fehom gesê.

Die polisie soek na nog ’n verdwene jong toeris, die 18-jarige Belg Theo Hayez, wat vir meer as ’n maand nog nie weer gesien is nie.

Hayez het verdwyn nadat hy die kroeg in Byron Bay, ’n vakansiedorp 765 km noord van Sydney, op 31 Mei verlaat het. - Reuters 

Meer oor:  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.