Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Video wys 2 missiele het Oekraïne-vliegtuig getref

’n Video wat deur veiligheidskameras geneem is, toon twee missiele van Iran het die vliegtuig van Oekraïne verlede Woensdag afgeskiet.

The New York Times het Dinsdag berig dat die twee missiele sowat 30 sekondes ná mekaar afgevuur is. Dit het die passasiersvliegtuig getref nadat dit by die lughawe in Teheran in Iran opgestyg het.

Dié passasiersvliegtuig was onderweg na Kiëf in Oekraïne toe dit Woensdag afgeskiet is.

Al 176 mense aan boord is dood.

Iran het verlede Woensdag sowat 15 missiele op twee Amerikaanse weermagbasisse in Irak afgevuur nadat pres. Donald Trump op 3 Januarie toestemming gegee het om genl.maj. Kassem Soleimani van Iran in ’n lugaanval dood te maak.

Iran het wraak gesweer nadat Soleimani in Bagdad, Irak, in die lugaanval dood is.

The New York Times berig die missiele is sowat 13 km vanaf die vliegtuig afgevuur.

Die brandende vliegtuig het by die Teheran-lughawe neergestort.

Iran het Dinsdag gesê dat hy reeds ’n aantal verdagtes in verband met dié voorval in hegtenis geneem het. – Reuters

Meer oor:  Boeing  |  Kassem Soleimani  |  Oekraïne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.