Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Virus eis 3 000 in Amerika

Minstens 3 000 mense is reeds in Amerika weens Covid-19 dood.

Nuusagentskappe soos Reuters, CNN en Fox het die syfer pas bekend gemaak.

Dié nuusagentskappe berig meer as 163 000 mense het die virus in Amerika opgedoen.

Amerika het die hoogste getal infeksies ter wêreld.

Volgens die Johns Hopkins University se Coronavirus Resource Center is daar 164 274 gevalle in die land. – Reuters

Hier is nog verwikkelings rakende die virusuitbreking in die res van die wêreld:

Lewe gaan voort in Belarus

Pres. Alexander Lukashenko van Belarus sê sy mense hoef nie bekommerd oor Covid-19 te wees nie, berig CNN.

Lukashenko het sy burgers glo aangeraai om hokkie te speel, wodka te drink en na ’n tradisionele sauna te gaan omdat dít die beste kuur vir die virus is.

Restaurante, parke en kroeë bly steeds oop, terwyl groot sportgeleenthede steeds voortgaan.

Lukashenko het Saterdag aan ’n hokkiewedstryd deelgeneem en gesê dit is beter om staande te bly lewe as om op jou knieë dood te gaan.

Belarus het 94 gevalle van die virus en niemand is dood nie, maar kritici glo nie dié syfers nie.

Mexiko kondig gesondheidsnoodtoestand af

Marcelo Ebrard, minister van buitelandse sake, het Maandag ’n gesondheidsnoodtoestand in Mexiko afgekondig nadat meer as 1 000 mense die virus opgedoen het en 28 mense reeds gesterf het.

Mexiko se syfers het Sondag op 993 gevalle gestaan en 20 sterftes voordat beamptes Maandag bekend gemaak het dat 1 094 mense die virus opgedoen het.

Gesondheidsbeamptes sê niemand mag sosiale geleenthede met meer as 50 mense bywoon nie en mense wat ouer as 60 is, moet in hul huise bly. Reuters

Skole in Suid-Korea bly toe, aanlyn klasse die nuwe normaal

Tsjoeng Sye-kjoen, Suid-Korea se premier, sê dit is nog nie veilig om die skole te heropen nie, maar die

leerlinge sal van volgende week af hul klasse aanlyn bywoon.

Dié besluit kom nadat Suid-Korea reeds die opening van die skole drie keer moes uitstel nadat infeksies in

die land toegeneem het.

Suid-Korea kon wel daarin slaag om sy daaglikse infeksies te verminder, maar die infeksies styg steeds in plekke soos hospitale, kerke en tehuise.

Die jongste syfers in die land is as volg: 9 786 gevalle en 162 sterftes. Reuters

Besoek die Johns Hopkins University – Coronavirus Resource Center vir die jongste wêreldsyfers.

seattle, virus, koronavirus
Lede van die Amerikaanse weermag stap verby vragmotors wat by die CenturyLink Field Event Center in Seattle, Washington inry. Die sentrum word omskep in 'n hospitaal waar pasiënte behandel gaan word wat nie die virus het nie. Foto: Reuters


Meer oor:  Mexiko  |  Belarus  |  Amerika  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.