Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Virus se invloed op lande

Europa se koronavirusinfeksies het in tien dae meer as verdubbel en die 200 000-kerf vir daaglikse infeksies Donderdag die eerste keer verbygesteek. Verskeie Suid-Europese lande het ook vandeesweek hul hoogste getal daaglikse infeksies aangemeld.

Europa

Duitsland is besig met voorbereidings om nog voor die einde van die jaar met inentings teen die koronavirus te begin, berig Bild Daily.

Amerika

• Die regering in Peru het geweier om ’n koopooreenkoms vir koronavirus-entstowwe met AstraZeneca te onderteken omdat hy glo nie voldoende data uit sy studies verskaf het nie en min inentings aangebied het.

• Lugdienste en sakegroepe sê Amerika moet kwarantyn en die reisverbod ophef en eerder koronavirustoetse op lugpassasiers doen voordat hulle vertrek en met hul aankoms.

• Verskeie Amerikaanse deelstate het ’n rekordgetal nuwe daaglikse infeksies aangemeld.

Stille Oseaan

• Kenners wat die Japanse regering met die bekamping van die koronavirus bystaan, sal Vrydag ’n voorstel maak dat die Nuwejaarsvakansie met sowat ’n week tot 11 Januarie verleng word, berig Kyodo News.

• Die staat Victoria in Australië, wat die episentrum van die land se uitbreking is, het aangevoer die aktiewe gevalle daar is die laagste in vier maande wat die weg baan vir die verslapping van die inperkingsregulasies.

• Die Filippyne se koronavirus-taakspan het toestemming gegee dat buitelandse beleggers die land van 1 November mag binnekom.

Midde-Ooste en Afrika

Ethiopië kan mense tot en met twee jaar tronkstraf oplê as hulle doelbewus die koronavirusmaatreëls oortree. Dit kom te midde van vrese dat burgers hul pogings verslap het nadat ’n noodtoestand opgehef is.

Mediese ontwikkelings

• Die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) het Gilead Sciences se antivirale middel Remdesivir goedgekeur vir die behandeling van gehospitaliseerde pasiënte met Covid-19. Dit is die eerste middel wat vir die behandeling van die siekte goedgekeur is.

• Die gebruik van sogenaamde herstelplasma het luidens die uitslae van ’n kliniese toets in Indië nie juis veel gehelp in gehospitaliseerde pasiënte se stryd teen die infeksie nie.

Ekonomiese impak

• Met minder as twee weke voor die Amerikaanse presidentsverkiesing het wêreldwye markte Vrydag min beweging getoon, terwyl gewag word op ’n deurbraak oor stimulus-gesprekke in Washington.

• Mark Meadows, personeelhoof van die Withuis, sê onderhandelinge met wetgewers oor ’n koronavirus-hulppakket, wat nou sowat $1,900 miljard beloop, het ’n nuwe fase bereik met die kongres se voorsitters wat vergader.

• Japan se verbruikerspryse het in September die tweede opeenvolgende maand gedaal. Dit is ’n teken dat ’n afname in vraag die deflasionêre druk op die wêreld se derde grootste ekonomie laat toeneem.

• Volgens ekonome in ’n Reuters-peiling is daar ’n groot risiko dat die euro se ekonomiese herstel tot stilstand kan kom terwyl ’n nuwe vlaag van infeksies deur Europa beweeg. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.