Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Virus: VSA haal sy burgers van skip af

Amerikaanse amptenare in beskermende klere het Sondagaand (plaaslike tyd) begin om Amerikaanse burgers op die Diamond Princess te ontruim wat vir twee weke weens Covid-19 op die skip vasgekluister was.

Die passasierskip is reeds sedert 3 Februarie by Jokohama, Japan, vasgemeer. Hy is onder kwarantyn geplaas nadat mense op die skip positief vir die nuwe koronavirus getoets het. Teen Sondag het die bevestigde gevalle reeds op 355 gestaan.

Busse met Amerikaanse passasiers wat op die passasierskip Diamond Princess gereis het, vertrek uit die hawe in Jokohama na die lughawe. Foto: AP

Die VSA het twee huurvliegtuie gestuur om Amerikaners op te laai wat wil teruggaan. Dit geld egter net mense wat nie enige simptome van Covid-19 toon nie, terwyl ’n verdere kwarantyntydperk van 14 dae vir hulle wag, waarskynlik in Nebraska of Texas. Daar is sowat 400 Amerikaners aan boord die Diamond Princess.

Buiten om hul Amerikaanse burgers te help, bring dit ook verligting vir die Japanse owerhede wat weens ’n tekort aan toerusting en toetse oorweldig is deur ’n skip wat 3 700 mense huisves.

Intussen het Kanada, Italië, Suid-Korea en Hongkong laat weet dat hulle ook beoog om hul landsburgers te ontruim.

Die uitbreking op die Diamond Princess is die grootste buite China, waar daar reeds meer as 68 500 Covid-19-gevalle en 1 665 sterfgevalle is.

Meer oor:  Japan  |  Diamond Princess  |  Koronavirus  |  Passasierskip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.