Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vlieënier lewend gevind 30 j. nadat hy afgeskiet is

’n Russiese vlieënier wie se vliegtuig drie dekades gelede tydens die Sowjet-veldtog in Afganistan neergeskiet is, is lewendig gevind.

Toe die Sowjet-Unie in 1989 aan Afganistan onttrek het, is 300 soldate as vermis aangegee. Sedertdien is net 30 lewendig opgespoor en die meeste van hulle het na hul tuislande teruggekeer.

'n Vorige vermiste Russiese soldaat wat na baie jare in Afghanistan gevind is, Bakhretdin Chakimof. Foto: Alexander Lawrentjew/Photoshot

“Hy lewe. Dit is verstommend. Hy het nou hulp nodig,” het Valerie Vostrotin, hoof van die Russiese afvaardiging van ’n gesamentlike Rusland-VSA-kommissie oor krygsgevangenes en soldate wat operasioneel vermis geraak het, aan ’n Russiese staatsnuusagentskap gesê.

Die vlieënier, wie se naam nie bekend gemaak is nie, wil huis toe gaan. Hy is in 1987 neergeskiet en is nou waarskynlik ouer as 60 jaar. Die vlieënier is moontlik in Pakistan gekry, waar Afganistan ’n kamp vir krygsgevangenes gehad het.

Die nuusagentskap RIA Novosti berig dat 125 Sowjet-vliegtuie gedurende die Afgaanse oorlog van 1979 tot 1989 neergeskiet is.

Kommersant, ’n sakedagblad, berig net een Sowjet-vlieënier is in 1987 neergeskiet: Sergei Pantelioek van die suidelike Russiese streek Rostof.

Die hoof van die plaaslike veterane-organisasie sê sy ma en suster leef nog en ’n plaaslike poniekoerant het sy 31-jarige dogter opgespoor wat gebore is enkele maande voordat haar pa vermis geraak het.


Meer oor:  Afghanistan  |  Gevind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.