Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vliegtuig stort neer, talle sterf
’n Vliegtuig het Sondag naby Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo neergestort. Foto: Unsplash

’n Vliegtuig met minstens 17 mense aan boord het Sondag naby Goma in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) neergestort.

Die kantoor van die provinsiale goewerneur het bevestig dat mense dood is maar die presiese dodetal is nog nie bekend nie.

Die vliegtuig het aan die lugdiens Busy Bee behoort en het neergestort kort nadat dit vanaf Goma se lughawe opgestyg het.

Dit was onderweg na Beni in die noordooste van die land.

Goma en Beni is sowat 360 km uitmekaar. Busy Bee is ’n baie klein lugdiens wat net streeksvlugte in die ooste van die DRK hanteer.

In April 2008 het ’n vliegtuig oor die aanloopbaan by Goma se lughawe gegaan en in ’n mark daar naby ingeploeg. In dié ongeluk is 40 mense dood. - Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.