Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vloede in Indië eis renosters, 84 mense

Minstens 84 mense is die afgelope twee maande dood in vloedwater in die Indiese deelstaat Assam.

Sowat 2,75 miljoen mense is deur die swaar reën dakloos gelaat.

Nege skaars renosters het ook die afgelope tien dae versuip.

Die koronavirus-pandemie bemoeilik boonop reddingswerkers se pogings om mense te help.

“Dit is moeilik om sosiale afstandhouding vol te hou wanneer mense voor die stygende water moet vlug,” sê Sanghamitra Sanyal, lid van die deelstaat se rampdiens.

’n Ma en haar kinders roei vroeër op ’n selfgemaakte vlot in die Morigaon-distrik van die staat Assam in Indië. Foto: Reuters

“Ons probeer hulle sover kry om darem hul mond en neus met ’n skoon lap toe te maak.”

Die Brahmaputra-rivier het reeds twee weke gelede weens die swaar reën sy walle oorstroom en meer as 2 500 gehuggies het verspoel.

Assam is bekend vir sy teeplantasies en loop elke jaar tydens die reënseisoen deur, ondanks pogings om die riviere in toom te hou.

Die vloedwater het ook dele oorstroom van die Kaziranga- nasionale park, die tuiste van die wêreld se grootste bevolking eenhoring-renosters.

“Nege renosters het versuip en meer as 100 ander diere is ook dood,” het Atul Bora, Assam se minister van landbou, gesê.

Omdat groot dele van die reservaat onder water is wat heupdiep vloei, soek baie diere skuilplek op paaie of in klein nedersettings. – Reuters

Meer oor:  Indië  |  Vloede  |  Renosters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.