Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vlugflouheid kry skuld vir premier se China-blaps in Japan

Vlugflouheid kan ’n derduiwel wees – dus ’n goeie verskoning vir Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, wat gepraat het oor haar land se goeie verhouding met China toe sy in Tokio land op haar eerste amptelike besoek aan Japan.

’n Direkte vlug tussen die twee lande duur 11 uur. Net nadat sy geland het, het sy op ’n nuuskonferensie gesê dit is ’n “baie opwindende tyd vir Nieu-Seeland in sy verhouding met China, verskoon tog, met Japan”.

Die Nieu-Seelandse premier, Jacinda Ardern, en premier Shinzo Abe. Foto: Getty Images

The Guardian berig sy het vlugflouheid die skuld gegee. Ardern is in Japan om handel en toerisme met die premier, Shinzo Abe, te bespreek.

Sy sal ook een van die All Blacks se wedstryde in die Wêreldbekertoernooi bywoon. Die All Blacks speel Saterdag teen Suid-Afrika.

Ardern vlieg van Japan na Amerika waar sy die hoofspreker op die Verenigde Nasies se klimaat-aksie-beraad sal wees.

Sy sal ook pres. Donald Trump besoek terwyl sy in New York is.

CNN berig Ardern sal seker hoop dat daar nie ’n diplomatieke foutjie tydens die besoek insluip nie, gesien hul geskiedenis met mekaar.

Sowat ’n maand nadat Ardern premier geword het, het Trump haar per ongeluk aangesien vir Justin Trudeau, premier van Kanada, se vrou.

Ardern het later om verskoning gevra omdat sy die storie aan ’n vriend vertel het. Dié vriend, die komediant Tom Salisbury, het in ’n radio-onderhoud vertel dat Ardern gesê het Trump “is nie so oranje in lewende lywe nie”.

Meer oor:  Jacinda Ardern  |  China  |  Tokio  |  Japan  |  Nieu-Seeland  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.