Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VN eis dringende ondersoek ná aanval wat 29 kinders eis

Die Verenigde Nasies (VN) het Donderdag gevra dat die aanval op ’n bus vol kinders by ’n mark in Jemen dringend ondersoek word.

Minstens 29 kinders is in dié aanval in die noordwestelike Saada-provinsie dood, luidens die Internasionale Komitee vir die Rooi Kruis.

Die komitee het by ’n plaaslike hospitaal verneem dat 29 lyke van “hoofsaaklik kinders” jonger as 15 jaar oud daar ontvang is. Tot dusver is 50 mense in die aanvalle dood en 77 is beseer. Onder die beseerdes is 30 kinders. Verskeie kinders het glo ook ledemate verloor.

Een van die beseerde kinders. Foto: Reuters

Volgens die Hoethi-beheerde Gesondheidsministerie was die kinders op ’n uitstappie toe hul bus by ’n mark in die noorde van die Saada-provinsie getref is, berig CNN. Dit was die eerste plek waar die kinders die dag stilgehou het.

Getuies wat met CNN gepraat het, sê die aanval kon in naburige distrikte gehoor word.

’n Koalisie wat deur die Weste gesteun word en wat Jemen se Hoethi-rebelle, ’n bondgenoot van Iran, in die visier het, sê die lugaanval het missiellanseerders geteiken. Reuters berig dat hierdie lanseerders, luidens ’n verklaring van die Saoedi-staatsnuusagentskap SPA, gebruik is om die nywerheidstad Jizan in die suide van Saoedi-Arabië mee aan te val.

Dokters behandel twee van die beseerde kinders. Foto: Reuters

Die Hoethi’s word nou daarvan beskuldig dat hulle kinders as ’n menseskild gebruik.

Vroeër Donderdag het die Saoedi-geleide koalisie die lugaanvalle verdedig as ’n “wettige militêre operasie” en ’n vergelding vir ’n Houthi-ballistiese missiel wat Woensdagaand Jizan geteiken het. Een persoon is in daardie aanval dood.

António Guterres, sekretaris-generaal van die VN, het vir ’n “spoedige en onafhanklike” ondersoek gevra en ’n beroep op alle partye gedoen om hul verpligtinge ingevolge internasionale humanitêre wetgewing na te kom.” 

Meer oor:  Aanval  |  Jemen  |  Kinders  |  Vn  |  Oorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.