Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VN gee meer koshulp aan Zim

Die Verenigde Nasies (VN) het Dinsdag aangekondig dat hy voedselhulp aan sowat 4,1 miljoen Zimbabwiërs, wat ’n kwart van die bevolking uitmaak, gaan gee.

’n Zimbabwiër by haar gebrekkige mielie-oes in die landelike gebied van Bindura naby Harare.Foto: Reuters

“Ons is baie bekommerd omdat die situasie daar steeds aan die versleg is,” het Eddie Rowe, direkteur van die Wêreldvoedselprogram (WFP), op ’n nuuskonferensie in Genève, Switserland, gesê.

“Ons glo as ons nie na hierdie mense uitreik en hulle help nie, die situasie daar in ’n enorme krisis sal ontaard.”

Zimbabwe, wat eens op ’n tyd as die broodmandjie van Suidelike-Afrika bekend gestaan het, ervaar tans sy ergste ekonomiese krisis in ’n dekade, wat gekenmerk word deur wegholinflasie en tekorte aan kos, brandstof, medisyne en elektrisiteit.

Die 240 000 ton voedselhulp, wat die WFP op die internasionale mark moet verkry, verteenwoordig ’n verdubbeling van die hulp wat dié organisasie reeds aan Zimbabwe bied.

Daar word beoog om voorrade uit Tanzanië in die vorm van mieliegraan, asook voedsel uit Mexiko, Kenia en moontlik die Swartsee-gebied, aan te koop, sê Rowe.

“In die afgelope vyf jaar het Zimbabwe net in een jaar normale reënval gehad. Die markte funksioneer nie,” sê hy. “Daar is gesinne wat honger gaan slaap sonder enige maaltyd per dag.” -Reuters

Meer oor:  Verenigde Nasies (Vn)  |  Wêreldvoedselprogram  |  Eddie Rowe  |  Zimbabwe  |  Switserland  |  Genève  |  Koshulp  |  Kos  |  Voedsel  |  Hongersnood  |  Voedselsekerheid  |  Honger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.