Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VN keur reis van N-Korea se span na Singapoer goed
Kim Jong-oen Foto: AP Photo

Die Verenigde Nasies (VN) se veiligheidsraadskomitee het die reis van Noord-Koreaanse amptenare na Singapoer vir die voorgenome beraad tussen pres. Donald Trump van die VSA en Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, goedgekeur.

Die beraad behoort op 12 Junie in Singapoer te begin.

Singapoer het die veiligheidsraad op 16 Mei in ’n brief om kwytskelding vir die deelname van Noord-Koreaanse afvaardigings gevra, berig Reuters.

Die name van die amptenare wat Singapoer gaan besoek, is nie in die brief genoem nie.

Die veiligheidsraad het ’n wêreldwye batevries- en reisverbod op 80 individue onder sanksieregulering opgelê, wat sedert 2006 verskeie kere versterk is.

Die doel is om finansiering vir Noord-Korea se kern- en ballistiese missielprogramme te stop.

Singapoer het die beraad beskryf as ’n geleentheid om ’n vreedsame oplossing vir die kernkwessie van Noord-Korea te vind, en vrede en stabiliteit op die Koreaanse skiereiland te bevorder.

Meer oor:  Singapoer  |  Noord-Korea  |  Beraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.