Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VN maan oor krisis met kos in buurstaat
Wêreldvoedselprogram
In dié foto wat deur die VN se Wêreldvoedselprogram aan AP verskaf is, ontvang 'n vrou 'n kospakkie in die Cabo Delgado-provinsie.

Verslegtende geweldpleging in die noorde van Mosambiek deur militante wat bande het met die terreurgroep Isis, veroorsaak dat derduisende mense honger ly terwyl hulle uit hul huise en van hul plase vlug.

So het die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldvoedselprogram (WVP) Dinsdag gewaarsku.

Militante aanvalle in die gasryke Cabo Delgado-provinsie, naby­ die grens met Tanzanië, het in 2017 begin. Die geweldpleging het vanjaar verskerp, met insypelaars wat kerndorpe vir kort tye beset en militêre en ander kernteikens aanval.

Operasies en beplande aanvalle tussen regeringsmagte en insypelaars in afgeleë nedersettings in die gebied lei dikwels tot burgerlike ongevalle en verwoesting van infrastruktuur, met tientalle skole en huise wat afgebrand word.

Die WVP sê in ’n verklaring meer as 300 000 mense het uit Cabo­ Delgado na aanliggende provinsies gevlug en in baie gevalle selfs die noordelike grens na Tanzanië oorgesteek waar hulle buite bereik van humanitêre hulp is.

“Die jongste bevinding van die hongersnood-vroeëwaarskuwingstelsel dui daarop dat gemeenskappe tot vroeg in 2021 sal aanhou om ‘krisisvlak’-voedselonsekerheid te ervaar,” sê die WVP in ’n verklaring.

“Die situasie is selfs meer kommerwekkend in ag genome dat Cabo Delgado die tweede hoogste voorkoms van chroniese wanvoeding in die land ervaar.”

Die VN-liggaam waarsku ook dat die migrasie wat deur die geweldpleging veroorsaak word, die risiko verhoog vir die verspreiding van die koronavirus.

Die WVP sê $4,7 miljoen (meer as R78 miljoen) per maand is nodig om ontheemdes in die noorde van Mosambiek by te staan. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.