Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Voedseltekort in N-Korea, maar ekonomie ‘vaar goed’

Hoewel Noord-Korea se ekonomie vanjaar beter lyk, is daar nie voedselsekerheid nie.

Die land se staatsmedia berig Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, het Woensdag gesê iets moet gedoen word aan die voedseltekorte wat deur verlede jaar se tifone en die koronaviruspandemie veroorsaak is.

Die Koreaanse Werkersparty se sentrale komitee het Dinsdag oor oplossings vir die land se ekonomiese kwessies vergader en doelwitte vir sy vyfjaar- ekonomiese plan uiteengesit.

Kim het op die vergadering gesê die ekonomie het oor die algemeen in die eerste helfte van die jaar verbeter, al is daar struikelblokke in die party se pad.

“Die voedseltekort is vererger omdat die landbousektor nie sy koringproduksieplan kon uitvoer nie weens die skade wat verlede jaar se tifone aangerig het.”

Die party het beloof om die landbousektor vanjaar te help en sal praat oor hoe die pandemie getakel kan word.

Kim het in Januarie gesê sy vorige vyfjaar-plan het in byna elke sektor misluk weens die voedseltekort wat deur sanksies, die pandemie en vloede veroorsaak is.

Hy het ook gesê sy party sal sy sokkies moet optrek om kos, klere en behuising aan die mense te bied.

Noord-Korea het nog nie amptelik ’n koronavirusgeval aangemeld nie, maar streng Covid-19-maatreëls afgekondig. Reuters


Meer oor:  Noord-Korea  |  Ekonomie  |  Voedseltekort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.