Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Von der Leyen verkies tot voorsitter van Europese Kommissie

Europese leiers het die Duitse minister van verdediging, Ursula von der Leyen, eenparige verkies tot voorsitter van die Europese Kommissie.

Daar was net een persoon wat nie gestem het nie, en dit was die Duitse bondskanselier, Angela Merkel, wat volgens protokol nie gestem het nie, berig Reuters.

Von der Leyen was aanvanklik nie een van die kandidate nie, maar terwyl Europese leiers gestoei het oor die beste kandidaat om die kommissie se pres. Jean-Claude Juncker te vervang en hul planne skeefgeloop het, het haar naam begin opduik.

Haar benoeming moet nog deur die Europese parlement goedgekeur word. Wanneer dit gebeur, sal sy die eerste vrou in dié stoel word met verantwoordelikhede wat insluit om nuwe EU-wette voor te stel, die EU se reëls af te dwing en om handelsverdrae te hanteer, berig die BBC.

Von der Leyen (60) is in Brussels gebore en het saam met haar familie na Duitsland geïmmigreer toe sy 13 jaar oud was. Sy het ekonomie en medies gestudeer voordat sy ’n politikus geword het. Von der Leyen het sewe kinders wat opvallend is in ’n land met gemiddeld 1,59 kind per gesin.

Sy is ’n bondgenoot van Merkel en ’n lid van Merkel se party.

Sy staan sterk vir integrasie, ondersteun nabye militêre koöperasie in die EU en het vroeër vanjaar gesê die EU het die potensiaal om een te word en vrede voor te staan.

Ursula von der LeyenFoto: Getty Images

Von der Leyen sal die EU se eerste vrouepresident wees.

Charles Michel, die huidige Belgiese premier, is benoem as die Europese raad se president.

Christine Lagarde is benoem as die hoof van die Europese Sentrale Bank. Sy is op die oomblik besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF).

Josep Borrell Fontelles is benoem as die hoë verteenwoordiger vir buitelandse sake en veiligheidspolisie. Hy is op die oomblik die Spaanse minister van buitelandse sake.

Von der Leyen word algemeen gesien as ’n gematigde wat neig na middel regs.

Die raad se besluit om die kandidate te ignoreer wat die gewildste was, is deur die lede gekritiseer. Volgens die Groenes respekteer dit nie die proses om die leiers te kies wat die meeste stemme kry nie.

Van die aanvanklike gewildste kandidate was Frans Timmermans van die Sosialistiese en Demokratiese blok, en die konserwatiewe Duitser Manfred Weber.

Meer oor:  Eu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.