Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Voorkoms van Covid-19 ‘baie laag’ in VSA - Trump

’n Geval van Covid-19 is in Kalifornië, VSA, aangemeld van iemand wat nie buite Amerika gereis het of in kontak met iemand gekom het wat ’n draer van die virus is nie.

Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) sê hulle is nie seker hoe die persoon die virus opgedoen het nie.

Die CDC het intussen Woensdag ’n beroep op Amerikaners gedoen om nie China of Suid-Korea te besoek nie, terwyl hulle ook landsburgers daarteen gewaarsku het om lande soos Iran, Italië en Mongolië te besoek.

Pres. Donald Trump het op ’n mediakonferensie gesê die bedreiging vir Amerikaners weens Covid-19 is “baie laag”, waarna hy aangekondig het dat Mike Pence, visepresident van die VSA, in beheer sal wees van die land se bestuursplan sou Covid-19 ’n probleem word.

Dié aankondiging kom nadat Trump op 2 Februarie gesê het die VSA het Covid-19 hokgeslaan.

Trump het op die jongste mediakonferensie sy administrasie se manier van hoe hulle Covid-19 hanteer, verdedig en sê sy administrasie is “gereed, bereid en bekwaam” om vinnig op te tree indien die virus versprei.

Hy sê dit is nie onvermydelik dat die virus in die VSA sal versprei nie.

“Dit sal seker. Dit sal moontlik versprei. Dit kan op ’n kleinskaalse vlak gebeur of grootskaals. Wat ook al gebeur, ons is voorbereid.”

Die Trump-administrasie is ook gereed om ’n verbod op reise na Suid-Korea en Italië te plaas nadat die virus vinnig in dié lande versprei het.

CNN berig minstens 2 800 mense is reeds aan Covid-19 dood, terwyl meer as 82 000 mense die virus wêreldwyd opgedoen het.

Covid-19 het vir die eerste keer in Desember 2019 in Sentraal-China in die stad Wuhan uitgebreek, waarna dit wêreldwyd versprei het. Die virus het vermoedelik sy oorsprong by die vleis van wilde diere wat by ’n kosmark verkoop is. – Reuters


Meer oor:  Kalifornië  |  Verspreiding  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.