Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vrou beweer akteur het haar in 2013 verkrag

Die Oscar-bekroonde akteur Cuba Gooding jr. (52) word daarvan beskuldig dat hy ’n vrou in 2013 twee keer in ’n hotelkamer in New York verkrag het.

Die vrou, wat slegs as “Jane Doe” geïdentifiseer is, het die saak Dinsdag aanhangig gemaak.

Sy beweer sy het Gooding in Augustus 2013 in ’n Manhattan-kroeg ontmoet en dat hy haar genooi het om saam met hom ’n drankie in ’n nabygeleë hotel te gaan drink.

Cuba Gooding jr. ná ’n vorige hofverskyning in Manhattan Foto: Reuters

Gooding haar glo gevra om saam met hom na sy hotelkamer te gaan, waar hy gesê het dat hy ander klere moet aantrek. Toe hy egter voor haar ontklee, het sy daarop aangedring om die kamer te verlaat om na haar vriende te gaan, berig die tydskrif Variety.

Gooding het haar toe na bewering voorgekeer, op die bed vasgedruk en twee keer verkrag.

Sy prokureur, Mark Jay Heller, het die bewerings ontken.

“Dit is onwaar. Dit het sewe jaar gelede glo gebeur, maar geen klag is ooit ingedien nie. Ons is oortuig daarvan dat die hof die klagte sal uitgooi,” het hy telefonies aan Reuters gesê.

Die vrou eis ’n jurieverhoor, skadevergoeding en strafregtelike skadevergoeding.

Die akteur het verlede jaar in New York skuld ontken op aanklagte dat hy drie vroue in 2018 in nagklubs in die stad betas het. Hierdie sake is nog nie afgehandel nie.

Gooding het in 1997 die Oscar vir beste akteur vir die fliek Jerry Maguire gewen en is bekend om rolle in flieks soos A Few Good Men, The Butler en die televisiereeks The People v. O.J. Simpson. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.