Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vrou loop met man op leiband ná aandklok

In Quebec, Kanada, waar een van die aanvaarbare redes om ná 20:00 in die aand op straat te wees is as jy met jou hond naby jou huis gaan stap, is ’n vrou gevang wat met haar eggenoot aan ’n leiband loop.

’n Mens moet binne ’n kilometer van jou huis wees, maar die paartjie was volgens die polisie op pad na die sakesentrum en was vasbeslote om met hul truuk weg te kom toe die polisie hulle konfronteer.

Die provinsiale regering het Saterdag die aandklokreël tussen 20:00 en 05:00 ingestel weens die Covid-19-pandemie.

Nie ’n uur later nie het die polisie wat die strate van die stad Sherbrooke gepatrolleer het, die paartjie opgemerk.

Die plaaslike polisiewoordvoerder het volgens die BBC aan die plaaslike koerant La Tribune gesê die paartjie het geensins hul samewerking gegee toe hulle deur die polisie voor stok gekry is nie.

Die vrou het glo volgehou sy volg die reël oor troeteldiere en dat sy “met haar hond stap”.

Die man en vrou is elk ’n boete van CA$1 546 opgelê.

Volgens Montreal se CTVNews is 750 mense in Quebec die naweek beboet wat ná 20:00 buite hul huise betrap is.

Die aandklokreël is ingestel terwyl Covid-19-infeksies aanhou styg.

Volgens die Montreal Gazette is daar Dinsdag 1 934 nuwe gevalle in Quebec aangemeld en 47 mense is dood.

Meer oor:  Quebec  |  Kanada  |  Aandklokreël  |  Hond  |  Leiband
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.