Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vrou ‘mag maar’ middelvinger vir gereg wys

Jy mag maar jou middelvinger vir die gereg wys, het die federale appèlhof in Amerika bevind.

Die hof het beslis Debra Cruise-Gulyas van die deelstaat Michigan se grondwetlike regte is geskend toe ’n polisiebeampte haar beboet het nadat sy haar middelvinger vir hom gewys het, het AP volgens News24 berig.

Die besluit beteken haar saak teen die polisieman kan voortgaan, berig Detroit News.

Cruise-Gulyas is in 2017 in die stad Taylor, Michigan, deur ’n polisielid, Matthew Minard, van die pad afgetrek. Hy het vir haar ’n kaartjie uitgeskryf vir ’n klein oortreding. Toe sy wegry, het Cruise-Gulyas haar middelvinger vir Minard gewys, berig Fox5.

Hy het haar weer afgetrek en dié keer ’n kaartjie vir ’n ernstiger spoedoortreding uitgeskryf. Sy het hof toe gegaan omdat sy meen haar reg tot vryheid van spraak is geskend.

Die hofbank van drie regters het in sy uitspraak gesê Minard “moes van beter geweet het”, al was die bestuurder ongepoets.

“Uitbarstings van onbeskoftheid of ’n gebrek aan dankbaarheid mag dalk die ‘goue reël’ verbreek, maar dit maak dit nie onwettig of strafbaar nie en laat ook nie toe dat iemand daarvoor in hegtenis geneem kan word nie,” het regter Jeffrey Sutton gesê, luidens ’n berig in The Hill.

Meer oor:  Middelvinger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.