Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vrou se liggaam verwerp nuwe gesig
Charla Nash nadat sy die operasie ondergaan het. Foto: AP

Charla Nash, wat ’n gesigoorplanting gehad het nadat sy deur ’n sjimpansee aangeval is, se liggaam verwerp die oorgeplante weefsel.

Nash, van die Amerikaanse deelstaat Connecticut het vyf jaar gelede haar neus, lippe, ooglede en hande verloor nadat haar werkgewer se sjimpansee, wat omtrent 90 kg weeg, haar aangeval het. Dokters moes ook haar oë verwyder omdat sy ’n siekte by die sjimpansee opgedoen het.

’n Nuwe gesig is vir haar gemaak van die weefsel van ’n dooie vrou. Sy moes ook ’n dubbele handoorplanting kry, maar haar liggaam het dié weefsel ook verwerp.

Nash is terug in ’n hospitaal in Boston nadat dokters besef het dat haar liggaam die weefsel aan haar gesig verwerp.

Dr. Bohdan Pomahac, direkteur van plastiese chirurgie by die Brigham and Women’s Hospital, het Woensdag aangekondig dat Nash se liggaam die weefsel verwerp.

Dit is wel net ’n matige verwerping so die oorplanting is nie nou in gevaar nie.

Nash het eksperimentele behandeling ontvang waartydens sy opgehou het om die middels wat verwerping voorkom te gebruik. Sy het dié middels sedert 2011 gebruik.

Die Amerikaanse weermag het die eksperiment geborg in die hoop dat daar oplossings kan uitkom vir geskende soldate.

Volgens Pomahac het dokters besluit om Nash nie verder aan die eksperiment te laat deelneem nie. Sy het weer haar gewone medikasie begin gebruik.

Sy sal binne ’n dag of twee uit die hospitaal ontslaan word.

“Ek is bly ek kon aan die eksperiment deelneem en ’n bydrae lewer. Ek sou dit weer doen, as ek kon. Die mans en vroue wat ons land dien, is die ware helde,” het Nash gesê. – AP

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.