Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vrou toegang geweier oor té lae hals

Die Musée d’Orsay in Parys is die afgelope week van diskriminasie en seksisme beskuldig toe hy ’n Franse literatuurstudent toegang geweier het omdat sy ’n rok met ’n lae hals gedra het.

Die vrou, wat net as Jeanne geïdentifiseer is, het op Twitter vertel dat sy Dinsdag besluit het om die wêreldbekende museum besoek toe dit ongeveer 26 °C was.

“Ek het nie eers gedink dat my borsgleuf die onderwerp van enige meningsverskil sou wees nie,” het sy gesê en bygevoeg dat haar vriendin ’n kort toppie gedra het wat haar naeltjie gewys het.

Maar volgens Jeanne was alle oë op haar borste gevestig toe sy by die museum opdaag. ’n Werknemer by die museum het aan haar gesê haar kleredrag is nie aanvaarbaar nie en dat sy ’n baadjie moet aantrek.

Die rok met die lae hals wat die student gedra het. Foto: Twitter/Jeanne

“Niemand het op enige tydstip vir my gesê dat my borsgleuf ’n probleem is nie; hulle staar klaarblyklik na my borste en verwys daarna as ‘dit’ ”, het Jeanne gesê.

Sy het aanvanklik geweier om ’n baadjie aan te trek.

“Ek wil nie my baadjie aantrek nie, want ek voel verslaan, gedwing en skaam. Ek voel hoe almal na my borste kyk. Al wat ek is, is my borste; al wat ek is, is ’n vrou wat deur hulle geseksualiseer word,” het sy gesê.

Sy het uiteindelik toegegee en haar baadjie aangetrek voordat sy toegelaat is. Sy het gesê verskeie museumbeamptes het haar genader en niemand kon sê watter reëls sy oortree nie.

Haar boodskap is later wyd en syd op sosiale media gedeel, waarna die museum op Twitter oor die voorval gesê het: “Ons betreur dit ten diepste en vra die betrokke person om verskoning.”

Jeanne het gesê sy is tevrede dat die museum haar persoonlik gekontak het en haar ’n opregte verskoning gegee het. Maar sy het bygevoeg dat die openbare reaksie van die mu­seum op Twitter nie die seksistiese en diskriminerende aard van die voorval erken het nie.

Dis steeds onduidelik na watter reëls die museum verwys het. Die Libération-koerant het reëls aangehaal oor “ordentlike drag” en ’n verbod op klere wat “die vrede kan versteur”.

The Guardian, BBC, Independent

Meer oor:  Parys  |  Frankryk  |  Borste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.