Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vrou glo verwurg tydens seks met Tinder-man

Grace Millane (22), die Britse toeris wat in Nieu-Seeland vermoor is, is glo verwurg tydens seks met ’n man wat sy op die maatsoek-app Tinder ontmoet het.

Millane, wat gaan reis het nadat sy universiteit voltooi het, het op 1 Desember in Auckland verdwyn, waarna die polisie haar lyk op 9 Desember in bosse naby die prentjiemooi Waitakere Ranges in Auckland gekry het.

Die 27-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy Millane vermoor het, het haar glo deur Tinder ontmoet, waarna hulle die aand van 1 Desember mekaar ontmoet het.

Grace Millane is in Auckland, Nieu-Seeland, vermoor. Foto: Getty Images

Beeldmateriaal toon dat die twee gesoen het voordat hulle na die man se hotelkamer is.

Robin McCoubrey, staatsaanklaer, voer aan dat Millane in die beskuldigde se hotelkamer weens volgehoue drukking aan haar nek dood is.

Sy het ook kneusplekke aan haar bors en arms gehad.

“Net twee mense weet wat in daardie kamer gebeur het. Een van hulle kan nie vir ons sê wat gebeur het nie, terwyl die ander een nie die waarheid oor die voorval praat nie,” het McCoubrey aan die hof gesê.

Die staat voer ook aan dat die beskuldigde verskeie foto’s van Millane se lyk op 2 Desember geneem het.

Hy het glo later die dag Millane se lyk in ’n tas gesit en haar na Waitakere Ranges geneem, waar hy haar lyk glo begrawe het.

McCoubrey sê die beskuldigde het aanvanklik aan die polisie erken dat hy Millane vir ’n drankie ontmoet het, waarna hul paadjies geskei het.

Die beskuldigde het daarna sy weergawe verander en gesê dat hy en Millane na sy woonstel gegaan het, waar hulle “rowwe seks” gehad het.

Die beskuldigde, wat onskuldig op die aanklagte teen hom gepleit het, se naam word weens ’n hofbevel weerhou.

Sy regsverteenwoordiger het vir die hof gesê dat Millane se dood ’n ongeluk was.

“Millane is dood weens ’n konsensuele daad tussen die twee partye. ’n Daad wat hul seksuele plesier moes verhoog wat verkeerd gegaan het en waaraan sy dood is,” het Ian Brookie, die beskuldigde se regsverteenwoordiger, gesê.

Millane se dood het Nieu-Seeland geskok omdat ernstige misdade baie skaars in dié land is. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.