Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vrou vra om asiel ná probleme met familie

’n Vrou van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) wat in ’n immigrante-sentrum in Masedonië aangehou word, vra om asiel in ’n ander land.

Hind Albolooki Foto: Twitter

Haar aansoek om asiel in Masedonië is egter op 4 Februarie verwerp.

Hind Mohammed Albolooki (42) het van haar familie gevlug.

Sy sê hulle het haar in Oktober in haar kamer in hul huis in Dubai toegesluit omdat sy om ’n egskeiding gevra het. Sy het daarin geslaag om te ontsnap.

In ’n video wat sy vroeër opgeneem het, sê Albolooki sy het Masedonië toe gekom nadat haar pa, sy ouer broer en haar eie broer haar gedreig het omdat sy van haar man wil skei.

“Ek het nie geweet wat om te doen nie. Hulle het na my toe gekom en vir my paspoort en ID gevra.”

Albolooki sê hulle het gesê hulle vertrou haar nie meer nie en weet nie meer wat sy gaan doen nie.

Sy sê sy het oor alles gedink en het besluit om weg te loop. “Ek is ’n ma van vier kinders. Geen ma sal haar kinders net so los nie, maar ek moes my kinders los. Ek het geen ander keuse gehad nie.”

CNN berig dat sy sedert 7 Desember in ’n immigrante-sentrum aangehou word en vrees dat sy terug na die VAE gedeporteer sal word. Sy is nou ’n grasietydperk van 15 dae gegun om Masedonië te verlaat.

Volgens haar immigrasie-regsverteenwoordiger het die amptenare in Masedonië druk op haar toegepas en haar aangemoedig om terug huis toe te gaan, berig The Guardian.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.