Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
3 vroue van televisiekanaal in Afganistan doodgeskiet

Drie vroue wat vir 'n plaaslike televisiestasie gewerk het, is Dinsdag in Jalalabad in Afganistan in twee afsonderlike aanvalle doodgeskiet.

Volgens ’n regeringswoordvoerder was die drie vroue te voet van hul werk op pad huis toe.

In die laaste maande word joernaliste, werknemers van burgerlike organisasies en regeringsamptenare in skietvoorvalle en met klein bomme geteiken.

Die regering meen dat die Taliban, wat dit ontken, vir die aanvalle verantwoordelik is. Die Islamitiese Staat het ook 'n teenwoordigheid in die provinsie Nangahar, waarvan Jalalabad die hoofstad is.

Twee van die vroue is in een aanval doodgeskiet en ’n lid van die publiek is in dieselfde aanval gewond.

Op min of meer dieselfde tyd is nog ’n vrou in ’n ander deel van die stad doodgeskiet.

Die onafhanklike televisiekanaal en nuusdiens Enikass TV het bevestig dat al drie vroue in sy diens was.

Zalmai Latifi, hoof van Enikass TV, het gesê sedert die televisiestasie se ontstaan in 2018 het hy tien vroue aangestel, van wie vier nou vermoor is.

Verlede jaar is 'n joernalis doodgeskiet. 

Geen verdagtes is ook nog in verband met daardie moord geïdentifiseer nie.

Jalalabad
'n Familielid van een van die vroue wat doodgeskiet is by die hospitaal in Jalalabad. Foto: Reuters

Meer oor:  Vroue  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.