Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ambassadeur prys Trump vir sy reaksie op pandemie

Op die aand waarop Amerika sy Onafhanklikheidsdag vier, het Lana Marks, dié land se ambassadeur in Suid-Afrika, pres. Donald Trump se lof besing oor sy reaksie op die Covid-19-pandemie.

Volgens Marks het Trump alles in sy vermoë gedoen om die siekte te bekamp.

“Dit is ’n pandemie soos wat ons nog nooit ervaar het nie. Ek was drie of vier dae by die Withuis kort nadat die pandemie uitgebreek het en ek het pres. Trump gesien saam met Deborah Birx, dr. Anthony Fauci en baie ander kenners.

Ambassadeur Lana Marks staan voor haar huis in Waterkloof, Pretoria, om Amerika se Onafhanklikheidsdag te vier. Foto: Andrea van Wyk

“Die president het met hulle almal, een ná die ander, gepraat om regtig te verstaan wat aangaan en wat onmiddellik gedoen kan word. Hy het self ook al die goewerneurs van al die state in Amerika gebel om onvoorwaardelike hulp aan te bied,” sê Marks.

“Dit is ’n kwessie van toetsing en om ’n entstof te vind. Ek weet pres. Trump is die heeltyd op die foon om te druk dat ons ’n entstof vind. Dit is baie moeilike omstandighede, maar ons is veerkragtig en ons sal dit in bedwang kry.”

Marks sê sodra die Covid-19-pandemie onder beheer is, is sy seker die Amerikaanse ekonomie gaan terugbons en van krag tot krag gaan.

Marks het ’n groep joernaliste uitgenooi vir ’n kort toespraak en ’n vuurwerkvertoning by haar huis in Waterkloof, Pretoria, om Amerika se 244ste herdenking van hul Onafhanklikheidsdag te vier.

Ambassadeur Lana Marks van Amerika kyk na ‘n vuurwerkvertoning by haar huis in Waterkloof, Pretoria. Foto: Andrea van Wyk

Meer oor:  Onafhanklikheidsdag  |  Lana Marks  |  Donald Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.