Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA amptelik weer deel van Parys-klimaatverdrag
Pres. Joe BidenFoto: Argieffoto

Die VSA het Vrydag weer amptelik by die Parys-klimaatverdrag aangesluit om die wêreldwye stryd teen klimaatsverandering te versterk.

Die regering van pres. Joe Biden van die VSA beraam planne om emissies oor die volgende drie dekades drasties te verminder.

Wetenskaplikes en buitelandse diplomate het die VSA se amptelike terugkeer tot die verdrag verwelkom, 30 dae nadat Biden op sy eerste dag as die nuwe president die aankondiging gemaak het.

Sedert byna 200 lande die 2015-verdrag onderteken het om katastrofiese klimaatsverandering te voorkom, was die VSA die enigste land wat uitgetree het. Oudpres. Donald Trump het dié stap gedoen en beweer dat klimaatsoptrede te veel sou kos.

John Kerry, Amerikaanse presidensiële gesant oor klimaat, het Vrydag aan virtuele gebeure deelgeneem en die nuwe era ingelui.

“Ons voel genoodsaak om oortyd te werk om die verlore tyd in te haal. Ons het baie om te doen,” het Kerry tydens ’n gesprek met die Britse en die Italiaanse ambassadeur gesê.

Biden het belowe om planne uit te stippel sodat die VSA teen 2050 op zero-emissies sal staan. Wetenskaplikes het gesê die doelwit is in ooreenstemming met wat nodig is, terwyl hulle ook beklemtoon het dat emissies wêreldwyd teen 2030 met die helfte moet afneem om die mees verwoestende gevolge van aardverwarming te voorkom.

Ons voel genoodsaak om oortyd te werk om die verlore tyd in te haal. Ons het baie om te doen,

Kerry en Biden se binnelandse klimaatraadgewer, Gina McCarthy, staan ??aan die spits van die regering se klimaatagenda en koördineer regulasies en plaaslike en internasionale doelwitte, wat daarop gemik is om die oorgang van fossielbrandstowwe na skoon energie te bespoedig.

Biden het meer as 12 uitvoerende bevele onderteken wat verband hou met klimaatsverandering en elke federale agentskap gemobiliseer om deel van die regering se strategiese planne te word.

Dit vorm alles deel van Washington se 2030-mikpunt vir die vermindering van emissies, wat deur Biden aangekondig sal word voordat ’n wêreldwye klimaatberaad op 22 April aangebied word. Die Verenigde Nasies (VN) se volgende klimaatberaad is in November in Glasgow, Skotland.

Kerry het nie gesê wat die VSA se mikpunt is nie, maar gesê dat dit ’n wesenlike vermindering van emissies sal wees sodat die land dit kan verdien om weer deel van die Parys-klimaatverdrag te wees.

Dié voormalige minister van buitelandse sake het ook gesê die VSA beoog om China aan boord te kry rondom kwessies oor klimaatsverandering, selfs al verskil hulle oor kwessies rakende menseregte en handel met dié land in die wêreld wat die meeste kweekhuisgasse vrylaat.

Karen Pierce, Britse ambassadeur in die VSA, het gesê “China kan ’n nuttige vennoot wees”, maar dat “China, sowel as Rusland, soms optree asof alles ’n kompetisie is”.

Sy het gesê die VSA, die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk moet nouer saamwerk. “Hoe nader ons sieninge ons sieninge oor klimaat aan mekaar is, hoe duideliker kan ons boodskap aan die res van die wêreld wees dat hulle by ons moet aansluit en ons moet help om aardverwarming te verminder.”

Ondanks die opgewondenheid oor die terugkeer van die VSA na wêreldwye onderhandelings, sê klimaatonderhandelaars die pad vorentoe sal nie maklik wees nie.

Biden se klimaatdoelwitte gaan uitdagings in die VSA oplewer met groot fossielbrandstofmaatskappye wat vasskop, terwyl daar ook onder buitelandse leiers kommer heers oor die VSA se klimaatbeleid wat gedurig verander.

António Guterres, sekretaris-generaal van die VN, verwelkom die terugkeer van die VSA omdat dit die “ontbrekende skakel herstel wat die geheel verswak het”, maar hy het gewaarsku dat die pad vorentoe nie maklik sal wees nie.

“Dit is die wedloop van ons lewe. Ons moet baie vinniger wees en baie verder gaan,” het hy gesê. – Reuters

Meer oor:  Joe Biden  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.