Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA bly gesluit nadat Trump by vergadering uitloop

Pres. Donald Trump van Amerika het Woensdag uit ’n vergadering met die Demokrate geloop terwyl hulle oor die grensmuur tussen Amerika en Mexiko vergader het.

Trump, die nuwe speaker, Nancy Pelosi, en Chuck Schumer, leier van die Demokrate in die Huis van Verteenwoordigers, het vergader sodat hulle oor die grensmuur en die sluiting van die Amerikaanse regering kan praat.

Die sluiting van die Amerikaanse regering gaan sy 21ste dag binne en ewenaar dus die langste sluiting in die laaste 43 jaar, het die New York Times berig.

Trump het ná die ontmoeting hom tot Twitter gewend, waar hy geskryf het die ontmoeting met Pelosi en Schumer was ’n mors van tyd.

Pres. Donald Trump van Amerika. Foto: Getty Images

Die Demokrate het op hul beurt gesê Trump het uit hul vergadering “gestorm” en beskryf dít as ’n “woedeaanval”.

Trump sê hy het hulle gevra wat gaan gebeur as hy die regering oopmaak en of hulle die geld vir die grensmuur sal goedkeur, waarna hy uitgeloop het toe hulle “nee” sê.

Die Demokrate het laat blyk dat hulle ook oor die veiligheid van die grens bekommerd is, maar hulle glo nie in ’n grensmuur nie.

Trump het glo die vergadering verlaat terwyl hy steeds oor ’n nasionale noodtoestand skimp.

Hy het vroeër gedreig om ’n nasionale noodtoestand af te kondig.

Intussen het Trump die federale noodbestuuragentskap (Fema) beveel om op te hou geld stuur vir Kalifornië nadat daar verlede jaar verwoestende brande uitgebreek het, berig Fox News. - Bykomende bron: Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Nancy Pelosi  |  Muur  |  Vsa-Sluiting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.