Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA daag China weer in Suid-Chinese See uit

Die Amerikaanse weermag het bekend gemaak dat een van sy oorlogskepe Sondag naby Scarborough-rif in die Suid-Chinese See – een van die plekke wat China beweer aan hom behoort – verbygevaar het.

Die Amerikaanse oorlogskip is verlede jaar afgenee
Die Amerikaanse oorlogskip is verlede jaar afgeneem. Foto: Reuters

Dit is moontlik dat dié optrede China in die huidige gespanne situasie tussen die wêreld se twee grootste ekonomië kan ontstel.

Benewens die huidige handelsoorlog, Amerikaanse sanksies en Taiwan is dié besige seeroete een van die sensitiewe geskilpunte tussen die twee lande.

China het ook Vrydag ’n meer aggressiewe houding in die handelsoorlog ingeneem toe hy in ’n vergeldingsaksie nuwe tariewe vir Amerika bekend gemaak het.

Die U.S. Preble, ’n torpedoboot, het Sondag glo binne 12 seemyl van Scarborough-rif verbygevaar met die oog daarop om die buitensporige maritieme eise op die rif uit te daag en die seeroete oop te hou vir internasionale verkeer soos deur internasionale wette bepaal, het Clay Doss, woordvoerder van die 7de Vloot, gesê.

Dit is die tweede soortgelyke optrede die afgelope maand deur die Amerikaanse vloot. Die hoof van die vloot het Woensdag gesê die Peble se bewegings in die vrye Suid-Chinese See het meer aandag as nodig ontlok.

Die Amerikaners beweer al lank dat sy vlootoperasies wêreldwyd, ook in gebiede waarop sy bondgenote aanspraak maak, sonder politieke motiewe is.

Dié operasie is Amerika se jongste poging om China te wys dat hy nie die seeverkeer in hierdie strategiese gebied, wat ook deur die vlote van Japan en ander Suidoos-Asiese lande gebruik word, kan beheer nie.

China beskou bykans die hele strategiese see as sy eie en het Amerika en sy bondgenote al dikwels gekap omdat hulle vlootoefeninge doen naby die eilande wat hy opeis. Brunei, Indonesië, Maleisië, die Filippyne, Taiwan en Viëtnam maak ook op die gebied aanspraak.

Amerika het China ook al dikwels in die verlede daarvan beskuldig dat hy die hele Suid-Chinese See militariseer deur militêre installasies op mensgemaakte eilande en riwwe te bou.

China beweer dit is noodsaaklik vir sy verdediging en dat Amerika weens die teenwoordigheid van sy oorlogskepe en militêre vliegtuie naby die eilande die spanning in die streek verhoog. Reuters

Meer oor:  China  |  Amerika  |  Handelsoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.