Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
China, VSA hap na mekaar tydens gesprekke

Die VSA en China het mekaar vandeesweek openlik getakel in hul eerste samesprekings sedert Joe Biden president van Amerika geword het.

Antony Blinken, Amerika se minister van buitelandse sake, en Jake Sullivan, die nasionale veiligheidsadviseur, het die geleentheid saam met China se topdiplomaat Yang Jiechi en die regeringsadviseur Wang Yi geopen.

Enige hoop dat die samesprekings in Anchorage, Alaska, bilaterale bande tussen die lande sou herstel ná jare van spanning oor handel, menseregte en kuberveiligheid uit die termyn van oudpres. Donald Trump, het egter vinnig in die niet verdwyn.

Blinken het verwys na die groeiende kommer wêreldwyd oor die stand van menseregte in Beijing. Yang het teruggekap en gesê hulle hoop Amerika kan ook beter vaar met sy hantering van menseregte.

“Daar is baie probleme in Amerika rondom menseregte en Amerika erken dit self,” het hy in ’n toespraak van 15 minute gesê.

Yang het die VSA verder daarvan beskuldig dat dit ’n “neerbuigende” benadering tot die samesprekings inneem en dat die Amerikaanse afvaardiging geen reg het om China van menseregteoortredings te beskuldig of lesings oor demokrasie te gee nie.

Hy het spesifiek na die Black Lives Matter-beweging verwys en die VSA gemaan om eerder sy “diepliggende” probleme te hanteer.

Volgens hom is die VSA ook nie konsekwent in sy bepleiting van ’n vrye media nie.

Wat tipies ’n opening van ’n paar minute sou wees, het langer as ’n uur geduur toe Blinken en Yang ook geredekawel het oor wanneer die media die vertrek kon verlaat.

’n Senior Amerikaanse amptenaar het ná die woordewisseling gesê China het die regulasies, dat elke afgevaardigde twee minute het vir sy toespraak, oortree.

“Dit wil voorkom asof die Chinese afvaardiging se doel politiekery was en dat hulle op teatrale vertoon eerder as inhoud gefokus het,” het die amptenaar aan verslaggewers gesê.

Sullivan het intussen gesê die VSA het nie bedoel om moeilikheid met China te soek nie, maar die land sal sy beginsels verdedig, berig Al Jazeera.

’n Woordvoerder van China se departement van buitelandse sake het ook op ’n mediakonferensie in Beijing gesê dit was nie China se bedoeling dat die samesprekings tot konfrontasie sou lei nie. – The Guardian, New York Times en Al-Jazeera.

Meer oor:  Vsa  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.