Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA gaan nie teikens vir inentings haal – Withuis

Dit lyk nie of pres. Joe Biden van Amerika in sy doelwit gaan slaag om minstens 70% van sy bevolking teen 4 Julie met een dosis ingeënt te kry nie.

Gesondheidsamptenare het ook gewaarsku dat die Delta-variant, wat eerste in Indië waargeneem is, moontlik die VSA se inentingsprogram kan ontspoor.

Die Withuis meen die teiken om mense van 27 jaar en ouer teen 4 Julie in te ent sal moontlik bereik word, terwyl die inenting van mense van 18 jaar en ouer voor hierdie datum nie haalbaar lyk nie.

Jen Psaki, Withuis-woordvoerder, het gesê die Withuis se oogmerk was van die begin af om eerste diegene te help wat die kwesbaarste is.

Jeffrey Zients, senior adviseur in die Withuis, meen die Biden-administrasie se teiken sal waarskynlik eers ’n paar weke ná 4 Julie bereik word.

“Die land het meer werk om te doen . . . veral wat die 18- tot 26-jariges betref.

“In werklikheid meen baie jong Amerikaners dat Covid-19 nie regtig ’n effek op hulle het nie en hulle is nie so gretig om ingeënt te word nie.”

Dr. Anthony Fauci, een van Amerika se topkenners, het gesê die Delta-variant is die VSA se grootste struikelblok om van Covid-19 binne sy landsgrense ontslae te raak.

Hy het gesê hoewel die bestaande entstowwe doeltreffend teen die nuwe variant is, is hierdie variant aansteekliker as die oorspronklike een.

“Ons hét die gereedskap. Kom ons gebruik dit om die uitbreking die nekslag toe te dien,” het Fauci gesê.

Volgens Zients het Amerika reeds 70% van die mense ouer as 30 ingeënt.

Die struikelblokke waarmee Amerika tans te kampe het, is die wanbalans in die inenting van verskillende rassegroepe, die Delta-variant en die uitdagings om jonger mense te oortuig om ingeënt te word. Reuters


Meer oor:  Vsa  |  Withuis  |  Pandemie  |  Inentings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.