Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA: Is immigrasie ’n vraagstuk?

Onwettige immigrasie in die VSA is glo die laaste paar jaar die laagste tot nog toe in die land se geskiedenis.

The Los Angeles Times berig dat ondanks pres. Donald Trump se uitlatings op sosiale media oor hordes vlugtelinge wat oor die land se grense stroom, die ware syfers ’n ander prentjie skilder.

Vlugtelinge uit Honduras op ’n vragmotor wat deur Mexiko op pad is na die Amerikaanse grens. Foto: Getty Images

Volgens dié toonaangewende Amerikaanse koerant het die getal onwettige immigrante van die 1970’s tot 1990’s sterk toegeneem en in 2000 ’n klimaks bereik met 1,64 miljoen, waarna dit weer verminder het tot bykans 303 916 in 2017.

Die mees onlangse data toon dat dié getal vanjaar tot 390 000 sal klim wat volgens alle aanduidings, buiten vier jaar, laer is as die afgelope 45 jaar.

Tradisioneel is die meeste immigrante uit Mexiko afkomstig, maar omdat dié land die laaste tyd ekonomies gegroei het, toon die jongste syfer ’n afwaartse kurwe.

Daar is wel ’n stewige styging in die getal onwettige immigrante van lande soos Guatemala, Honduras en El Salvador in Sentraal-Amerika.

Volgens die BBC het Trump dié lande Maandag gekritiseer oor immigrante wat via Mexiko op pad is na die Amerikaanse grens. In reaksie het Trump getwiet dat bystand aan Guatemala, Honduras en El Salvador deur die Amerikaanse regering gesny sal word.

Meer oor:  Donald Trump  |  Vsa  |  Vsa-Verkiesing  |  Immigrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.