Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘VSA kan 100 000 nuwe gevalle per dag sien’

Amerika kan onderweg wees na 100 000 nuwe bevestigde koronavirusgevalle per dag.

Dié waarskuwing is Dinsdag deur dr. Anthony Fauci, lid van die Withuis se koronavirus-taakspan, aan wetgewers in Capitol Hill gerig.

Hy het gepraat op ’n verhoor oor die jongste pogings van die Amerikaanse regering om die pandemie te beveg. Verskeie deelstate sukkel om die verspreiding van die virus te beheer namate hulle hul ekonomieë oopstel, berig CNN.

Dinsdag was daar ’n rekordstyging van 47 000 nuwe gevalle landwyd. Florida, Kalifornië, Texas en Arizona is nou die brandpunte van die pandemie in die VSA.

Fauci sê die helfte van die landwye nuwe gevalle Dinsdag kom uit dié vier deelstate.

Anthony Fauci
Dr. Anthony Fauci het Dinsdag voor die senaatskomitee oor Amerika se Covid-19-gevalle gepraat. Foto: Reuters

Hy het ook sy ontsteltenis uitgespreek oor mense wat in groot groepe byeenkom, mense wat nie maskers in die openbaar dra nie en onvoldoende aandag wat gegee word aan die riglyne vir heropening.

“Ons is glad nie in beheer nie. Ons gaan aanhou om baie probleme te hê, en daar sal baie pyn wees as (hierdie gedrag) nie ophou nie,” het hy gesê.

“Ons beveel maskers aan vir almal wat buite is. Jy moet skares sover moontlik vermy en as jy buite is en nie in staat is om ’n veilige afstand te handhaaf nie, moet jy te alle tye ’n masker dra.”

Fauci het ook deelstate gekritiseer omdat hulle heropen voordat hulle voldoen aan die maatstawwe wat gestel is as voorwaarde vir heropening, berig die BBC. Hy sê as gevolg hiervan styg infeksies.

Ons is glad nie in beheer nie. Ons gaan aanhou om baie probleme te hê, en daar sal baie pyn wees as (hierdie gedrag) nie ophou nie.

“Want as jy in een deel van die land ’n uitbreking het, is ander dele van die land kwesbaar, al gaan dit daar goed. Ons kan nie net fokus op die gebiede wat ’n oplewing van die virus ervaar nie. Dit plaas die hele land in gevaar.”

Fauci het ook ’n beroep op die Amerikaanse regering gedoen om gesigmaskers te vervaardig wat gratis aan alle Amerikaners uitgedeel kan word.

Robert Redfield, direkteur van die sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC), het ook Dinsdag getuig. Hy het aan wetgewers gesê daar is in 12 deelstate ’n toename in hospitalisasie.

Reuters berig Fauci het gesê daar is geen waarborg vir ’n entstof nie, hoewel vroeë gegewens belowend is. “Hopelik is daar dosisse beskikbaar teen die begin van volgende jaar,” het hy gesê.

Meer oor:  Anthony Fauci  |  Pandemie  |  Maskers  |  Amerika  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.