Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA mik vir 2024 vir bemande maanlanding

Amerika wil binne vyf jaar weer mense op die maan sit.

Mike Pence, adjunkpresident van Amerika, het Dinsdag aangekondig hulle wil die doelwit “op enige moontlike manier” bereik en die proses verhaas.

Mike Pence, adjunkpresident van Amerika. Foto: AP/Eric Schultz

’n Topamptenaar van Nasa het dadelik die uitdaging aanvaar.

Pence het op ’n vergadering van die Nasionale Ruimteraad by Nasa se Marshall-ruimtevaartsentrum in Huntsville in Alabama, met verwysing na die Koue Oorlog gesê: “Ons is vandag in ’n ruimteresies, net soos in die 1960’s.”

Nasa se program om mense die ruimte in te stuur is in 2011 tot stilstand gedwing weens ’n tekort aan finansiering uit die private sektor. Om die jongste droom te verwesenlik gaan miljarde der miljarde dollars kos.

Met dié aankondiging is dit duidelik dat pres. Donald Trump as die dryfveer agter die projek gesien wil word, wat hom ook kan help met sy herverkiesing. Dit word ook gesien as ’n teenvoeter vir die Russe en Chinese se moontlike oogmerk om ruimtewapens te ontwikkel.

Nasa se mikpunt was om teen 2028 weer ruimtevaarders na die maan te stuur. Ter voorbereiding moes ’n ruimtestasie wat om die maan wentel reeds in 2024 in plek gewees het.

Amerika het tussen 1969 en 1972 ses bemande sendings na die maan gehad.

Net China en die destydse Sowjetunie het al op die maan geland, maar dit was met onbemande vaartuie. – Reuters

Meer oor:  Mike Pence  |  Amerika  |  Ruimte  |  Maan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.