Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA oor ‘naderende onheil’ gewaarsku

’n Senior wetenskaplike het gewaarsku dat ’n “naderende onheil” Amerika in die gesig staar te midde van die stygende getal koronavirusgevalle en hospitaalopnames wat landwyd toeneem.

Pres. Joe Biden het Maandag weer politici van deelstate aangemoedig om die dra van maskers in alle openbare gebiede verpligtend te maak.

Hy het ook belowe dat 90% van Amerikaanse volwassenes teen middel April in staat sal wees om ’n inenting te ontvang.

Sowat 60 000 nuwe gevalle is die afgelope week in Amerika aangemeld.

Dr. Rochelle Walensky, direkteur van die sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC), het by die Withuis gepraat en gesê daar is “voortslepende, kommerwekkende neigings” met die nasie se reaksie op die pandemie met die aantal infeksies, hospitalisasies en sterftes wat almal styg.

Syfers van die Johns Hopkins-Universiteit wys die gevalle in Amerika het nou 30,2 miljoen verbygesteek.

“Ek gaan hier stilstaan, ek gaan van die teks (van haar toespraak) afwyk. Ek gaan praat oor die gevoel wat ek het van ’n naderende onheil,” het Walensky gesê terwyl dit voorgekom het asof sy emosioneel is.

“Ons het soveel om na uit te sien. Soveel beloftes en potensiaal oor waar ons is en soveel rede vir hoop. Maar op die oomblik is ek bang.”

Al Arabiya berig Walensky het op dieselfde inligtingsessie gesê dat mense nou meer reis as tydens die Kerstyd en Nuwejaar, en dit het ’n styging in nuwe gevalle tot gevolg.

“Ek sal net die aanbeveling van die CDC herhaal en sê beperk asseblief reise tot noodsaaklike reise vir nou.” BBC, CBS, AlArabiya




Meer oor:  Pandemie  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.