Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA-seesoldaat wat gered word sterf, 5 nog vermis
’n Boot van die Japanse weermag en ’n Amerikaanse weermagvliegtuig soek na die vermiste Amerikaanse seesoldate. Foto: Reuters

Die VSA-marinierskorps sê een van die twee Amerikaanse seesoldate wat Donderdag uit die see by Japan gered is ná ’n ongeluk waarin twee Amerikaanse weermagvliegtuie tydens ’n oefening 322 km van die Japanse kus af betrokke was, is aan sy beserings dood.

Die twee vliegtuie, ’n F/A-18 Hornet-vegvliegtuig en ’n KC-130 Hercules, het altesaam sewe bemanningslede aan boord gehad. Die vliegtuie het luidens onbevestigde berigte in mekaar vasgevlieg.

Vyf van hulle word steeds vermis.

Pres. Donald Trump van Amerika het oor die voorval getwiet en gesê hy dink aan die weermaglede wat in die botsing was.

Alhoewel die VSA-marinierskorps nie bevestig het wat presies gebeur het nie, het Trump getwiet die vliegtuie het in mekaar vasgevlieg.

Hy het Japan bedank omdat hulle dadelik die bemanningslede gaan soek het.

Die soektog duur voort.

Meer oor:  F/A-18 Hornet  |  Seesoldat  |  Vermis  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.