Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA sluit Iran se webwerwe

Die Amerikaanse departement van justisie het Dinsdag 36 webwerwe gesluit wat bande met Iran het.

Verskeie van dié webwerwe, wat met die verspreiding van waninligting en geweld verbind word, was egter binne ure met nuwe domeinadresse weer aanlyn.

“Amerika het vandag ingevolge hofbevele 33 webwerwe van Iran se Islamitiese Radio-en-televisie-unie (IRTVU) en drie van die Kata’ib Hezbollah (KH) gesluit weens die oortreding van sanksies,” lui die departement se verklaring.

KH, wat in Amerika as ’n terreurorganisasie beskou word, is een van die groot pro-Iranse militêre groepe in Irak.

Die webwerwe sluit in Press TV, die Iran-regering se Engelse satelliettelevisiekanaal en Al Alam, sy Arabiese ekwivalent.

Albei was gou weer aanlyn met die Iranse domeinadresse Alalam.ir en Presstv.ir.

Die departement sê die 33 domeine wat die IRTVU gebruik, behoort aan ’n Amerikaanse maatskappy en dat die IRTVU nie ’n lisensie van die tesourier se kantoor vir buitelandse batebeheer gekry het voordat hy die domeinname gebruik het nie. KH het ook nie ’n lisensie nie.

Kennisgewings het vroeër Dinsdag op verskeie webwerwe verskyn wat met Iran geaffilieer word dat die Amerikaanse regering dit as deel van wetstoepassing gesluit het.

Die kennisgewings het ook op die LualuaTB-webwerf verskyn, ’n Bahreinse onafhanklike kanaal wat in Arabies uit Brittanje uitsaai.

Die VSA het in Oktober op ’n netwerk webwerfdomeine beslag gelê wat glo gebruik is in ’n veldtog van die Iranse Revolutionary Guard Corps (IRGC) om politieke waninligting oor die wêreld heen te versprei.

Die departement van justisie sê dit het beheer geneem van 92 domeine wat die IRGC gebruik om hom as onafhanklike mediahuis voor te doen en dan gehore in Amerika, Europa, die Midde-Ooste en Suidoos-Asië te bereik.

Iran se semi-staatsnuusagentskap YJC het Dinsdag gesê Amerika se optrede “wys die beroep op vryheid van spraak” is leuens. – Reuters

Meer oor:  Vsa  |  Iran  |  Sluit  |  Webwerwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.