Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA-soldate toon breinbeserings ná Iran-aanval

Die Amerikaanse weermag erken nou dat daar aansienlik meer soldate beseer is in verlede maand se missielaanval deur Iran op twee Amerikaanse weermagbasisse in Irak as wat aanvanklik gemeld is. Die weermag het Maandag bekend gemaak dat soveel as 109 weermaglede breinbeserings opgedoen het.

Pres. Donald Trump van Amerika het aanvanklik gesê geen soldate is in die aanvalle beseer nie.

Iran het op 8 Januarie minstens 15 missiele op twee Amerikaanse weermagbasisse in Irak afgevuur. Die aanval is in weerwraak uitgevoer nadat Trump op 3 Januarie opdrag gegee het vir ’n aanval in Bagdad waarin Iran se topweermagoffisier, genl.maj. Kassem Soleimani, dood is.

Trump het ná die aanval op die weermagbasisse op Twitter en later die dag op ’n nuuskonferensie wat wêreldwyd regstreeks uitgesaai is, gesê niemand is in die aanval beseer nie.

Die Pentagon in Amerika het egter verlede maand bekend gemaak dat 64 soldate breinbeserings opgedoen het. Dié getal het nou tot meer as 100 geklim.

Die weermag het in die verlede gesê ’n mens kan verwag dat die getalle in die weke na die aanval gaan toeneem omdat die simptome van breinbeserings ’n tyd neem om te manifesteer en soldate wag gewoonlik ’n ruk voordat hulle dit aanmeld.

Die Pentagon het Maandag in ’n verklaring gesê 109 dienspersoneel is met geringe breinbeserings gediagnoseer en het bygevoeg dat 76 van hulle reeds terug op hul pos is.

Trump het verlede maand onder kritiek van sy politieke teenstanders deurgeloop nadat hy oor die soldate se beserings uitgevra is en hy geantwoord het hy het “gehoor hulle het hoofpyn en ’n paar ander goed”. Reuters

Meer oor:  Irak  |  Pentagon  |  Amerika  |  Oorlog  |  Iran
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.