Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA steun verdere ondersoek na virus se oorsprong

Amerika steun steeds ’n ondersoek na die oorsprong van die koronavirus wat tot die Covid-19-pandemie gelei het.

Antony Blinken, Amerika se minister van buitelandse sake, het Woensdag met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) vergader en sê Amerika steun die WGO se plan vir ’n bykomende ondersoek na die oorsprong van die koronavirus.

Die WGO het vroeër vandeesmaand ’n beroep op alle lande gedoen om saam te werk om die oorsprong van die virus te ondersoek.

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, en Antony Blinken, Amerika se minister van buitelandse sake, bespreek die moontlikheid van bykomende ondersoeke na die oorsprong van die virus wat tot die Covid-19-pandemie gelei het. Foto: Twitter/Antony Blinken

China het egter die WGO se beroep vir ’n verdere ondersoek verwerp nadat die organisasie reeds vroeër vanjaar ’n ondersoek in China geloods het.

Blinken het vergader met dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, om die WGO se planne vir ’n verdere ondersoek te bespreek.

Blinken het ’n foto van hom en Ghebreyesus op Twitter geplaas en gesê hulle bespreek hoe hulle die pandemie tot ’n einde kan bring deur gesondheid wêreldwyd te bevorder.

Hy sê in die twiet hulle het ook gepraat oor bykomende studies oor die oorsprong van die virus sodat die pandemie beter verstaan kan word en dit kan help om verdere pandemies te probeer voorkom.

Die eerste Covid-19-geval is  in Desember 2019 in die Chinese stad Wuha aangemeld, maar China ontken heftig dat die virus uit een van sy laboratoriums afkomstig is. Reuters

Meer oor:  Antony Blinken  |  Vsa  |  Virus  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.