Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA teen aborsies vir verkragte vroue in oorloë

Amerika het met die dreigement van ’n veto daarin geslaag dat ’n frase in ’n resolusie van die Verenigde Nasies (VN) oor seksuele geweld in konflikte verwyder is omdat hy dit interpreteer as ’n verwysing na aborsies.

Die resolusie, wat deur Duitsland opgestel is, is Dinsdag deur die Veiligheidsraad goedgekeur nadat ’n verwysing na die nodigheid om betyds “seksuele en reproduktiewe gesondheidshulp” te gee aan slagoffers van seksuele geweld in konflikte, geskrap is. In die resolusie se konteks beteken seksuele geweld verkragting en reproduktiewe gesondheidshulp aborsies.

Die resolusie is met 13 stemme aanvaar. Rusland en China het buite stemming gebly.

Amerika se dreigement van ’n veto is die jongste in ’n reeks beleidsommeswaaie van dié land wat volgens VN-diplomate gedryf word deur Mike Pence, Amerika se visepresident en ’n konserwatiewe Christen wat sterk teen aborsie gekant is, berig Reuters.

Brittanje het ten gunste van die resolusie gestem, maar sy spyt uitgespreek dat die verwysing na reproduktiewe gesondheid verwyder is.

Francois Delattre, die Franse ambassadeur na die VN, het ná die stemming aan die Veiligheidsraad van 15 lede gesê: “Dit is onverdedigbaar en onbegryplik dat die Veiligheidsraad nie in staat is om te erken dat vroue en meisies wat onder seksuele geweld in konflikte gely het – en wat ooglopend nie gekies het om swanger te raak nie – nie die reg het om hul swangerskap te beëindig nie.”

’n Woordvoerder van die Withuis het gesê die resolusie soos dit aanvaar is, “is baie meer in pas met die Withuis se prioriteite”, berig Reuters.

Daar is reeds jare lank konsensus oor die bewoording “seksuele en reproduktiewe gesondheid” en dit kom voor in resolusies wat die Veiligheidsraad in 2009 en 2013 aanvaar het, asook in talle resolusies wat deur die algemene vergadering van die VN aanvaar is.

Nog ’n toegewing aan Amerika was die weglating van ’n oproep dat ’n werkgroep vordering met die beëindiging van seksuele geweld monitor.

Brittanje het ten gunste van die resolusie gestem, maar sy spyt uitgespreek dat die verwysing na reproduktiewe gesondheid verwyder is.

“Ons benadruk die noodsaaklikheid van ’n slagoffer-gefokusde benadering. Dienste aan oorlewendes moet sonder uitsondering aan alle oorlewendes gebied word,” het lord Tariq Ahmad van Wimbledon, die Britse premier se spesiale verteenwoordiger vir die voorkoming van seksuele geweld in konflik, gesê.

Hy sê Brittanje sal voorgaan om “te sorg dat oorlewendes van geweld wêreldwyd toegang kry tot seksuele en reproduktiewegesondheidshulp. Dit is ’n prioriteit. As ons ’n benadering het dat oorlewendes gehelp moet word, kan ons nie hierdie belangrike prioriteit ignoreer nie.” - Bykomende bron: The Guardian

Meer oor:  Verenigde Nasies (Vn)  |  Vsa  |  Aborsies  |  Wêreld  |  Oorloë  |  Verkragte Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.