Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA-wetgewers soek bloed oor Khashoggi-moord

Amerikaanse wetgewers het Donderdag gevra Washington moet Saoedi-Arabië verantwoordbaar hou vir die moord op die joernalis Jamal Khashoggi.

Jamal Khashoggi Vermoorde joernalis

Die Amerikaanse kongres sê hulle sal self optree indien die Trump-administrasie nalaat om iets te doen nadat Khashoggi in ’n Saoedi-konsulaat in Turkye vermoor is.

Meer as ’n dosyn senators en lede van die huis van verteenwoordigers, sowel Demokrate as Republikeine, het op ’n geleentheid ter viering van mediavryheid by die Kongresgebou op Capitol Hill hierdie standpunt gehuldig.

Hulle het Khashoggi en die meer as 50 joernaliste gedenk wat verlede jaar wêreldwyd vermoor is.

Die Demokrate betreur die gebrek aan sterk optrede van pres. Donald Trump se administrasie. Hulle voel strategiese en handelsbande met Saoedi-Arabië moenie demokratiese waardes soos vryheid van spraak troef nie.

Nancy Pelosi, nuwe speaker van die huis van verteenwoordigers, glo as Amerika besluit dat handelsbelange swaarder weeg as wat hy sê en doen, moet die land erken hy het die morele gesag verloor.

Khashoggi, ’n Amerikaans gesetelde Saoedi-joernalis van The Washington Post wat een van kroonprins Mohammed bin Salman se felste kritici was, is laas gesien toe hy die Saoedi-konsulaat in Istanbul op 2 Oktober binnegegaan het.

Amerikaanse intelligensiedienste glo die opdrag vir die moord het van die kroonprins self gekom. Van Turkye se topamptenare glo ook die Saoedi-leierskap het die opdrag vir die moord gegee.

Saoedi-Arabië ontken dit.

Trump het verlede maand gesê hy glo Bin Salman, al sê die CIA hy het Khashoggi laat vermoor. – Reuters

Meer oor:  Jamal Khashoggi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.