Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA wil nou hul entstof met die wêreld deel

Pres. Joe Biden het Donderdag uiteengesit hoe die Verenigde State van Amerika sowat 25 miljoen van ’n beplande 80 miljoen dosisse entstof teen Covid-19 met die res van die wêreld gaan deel.

Amerika sal byna 19 miljoen dosisse van hul Covid-19-entstofvoorraad skenk deur die internasionale Covax-program, sê Biden in ’n verklaring.

Covax, wat deur die Gavi-entstofverbond, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die Koalisie vir Epidemiologiese Gereedheid en Innovering (Cepi) gelei word, is gestig om regerings te ontmoedig om entstof op te gaar en om daarop te fokus om mense met die grootste risiko in elke land in te ent.

Volgens Biden sal sowat 6 miljoen dosisse deur die Covax-program na Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande gaan, sowat 7 miljoen na Suid- en Suidoos-Asië en nagenoeg 5 miljoen sal aan Afrika geskenk word.

Volgens Biden sal sowat 6 miljoen dosisse deur die Covax-program na Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande gaan, sowat 7 miljoen na Suid- en Suidoos-Asië en nagenoeg 5 miljoen sal aan Afrika geskenk word.

Die oorblywende dosisse, van net meer as 6 miljoen, sal direk van Amerika na lande soos Kanada, Mexiko, Indië en Suid-Korea gaan, sê hy.

“Ons deel nie die dosisse uit om enige gunste of toegewings te kry nie,” sê Biden.

“Ons deel die entstof om lewens te red en die wêreld te lei om ’n einde aan die pandemie te maak deur die krag van ons voorbeeld en met ons waardes.”

Druk is vroeër deur die wêreldgemeenskap op Biden geplaas om Amerika se oorskotentstof met ander lande te deel. Die Withuis het maande lank slegs daarop gefokus om Amerikaners te laat inent nadat Covid-19 die afgelope jaar tot die dood van meer as ’n halfmiljoen mense in die land gelei het.

Biden het belowe dat Amerika minstens 20 miljoen dosisse entstof (Pfizer/BioNTech, Moderna en Johnson & Johnson) aan die buiteland sou verskaf. Dit is buiten die 60 miljoen AstraZeneca-dosisse wat hy reeds na ander lande stuur.

Biden wou teen Junie al 80 miljoen dosisse versprei het. – Reuters

Meer oor:  Joe Biden  |  Vsa  |  Entstof  |  Covid19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.