Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA wil reëls vir vrystelling van metaan verslap

Die Trump-regering, wat die derde keer vanjaar ’n stokkie gesteek het voor pogings om klimaatverandering te bekamp, gaan dit voortaan makliker maak vir maatskappye wat energie verskaf om metaan in die atmosfeer vry te stel.

Metaan, ’n kweekhuisgas, lek soms uit olie- en gasbronne.

Metaan, ’n primêre komponent van natuurlike gas, is ’n skadelike rook.

Maatskappye wat energie verskaf, is al geruime tyd van mening dat die reëls wat van hulle vereis om metaan-emissies te toets duur is en vir hoofbrekens sorg.

Die omgewingsbeskermingsagentskap beplan om vandeesweek nog ’n voorstel bekend te maak, wat die vereistes wat oudpres. Barack Obama bekragtig het – dat maatskappye metaangas-lekkasies monitor en regstel – te verslap, luidens dokumente wat The New York Times onder oë gehad het.

In ’n soortgelyke stap gaan die departement van binnelandse sake na verneem word, ook die beperking op die verbranding van metaan by boorwerk herroep.

TheHill.com berig die omgewingsbeskermingsagentskap is al van Januarie af besig om twee wette – wat tydens die Obama-era bekragtig is – naamlik die regulering van motors se uitlaatgasse en koolstofbesoedeling deur steenkoolkragsentrales te probeer stop.

Hoewel metaan slegs sowat 10% van kweekhuisgasse opmaak, was die reëls rakende metaan, volgens die omgewingsbeskermingsagentskap, die sleutel tot die Obama-regering se plan om die impak op klimaatverandering te verminder.

Metaan, ’n primêre komponent van natuurlike gas, is ’n skadelike rook. Die twee grootste bydraers tot metaan-lekkasies is gasstelsels en vee.


Meer oor:  Donald Trump  |  Vsa  |  Energie  |  Metaan  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.