Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA wil resolusie oor verkragting veto

Amerika dreig in die Verenigde Nasies (VN) om ’n resolusie te veto wat wil voorkom dat verkragting as ’n oorlogswapen gebruik word en om die slagoffers daarvan te help weens die bewoording oor vroue se seksuele en voortplantingsgesondheid.

Die resolusie waaroor Amerika weggebreek het van sy tradisionele bondgenote en dreig om dit te laat ontspoor, is ’n beroep op die VN om sy teenkanting van seksuele geweld te herbevestig, berig CNN.

Die Amerikaanse afvaardiging is gekant teen aborsies, selfs ná verkragtings, en glo die bewoording van die resolusie is nou ’n verskuilde verwysing daarna.

Nog ’n sin is uit die resolusie gehaal op aandrang van Amerika, en dit is: “Die VN moedig verdere ondersteuning en opleiding van joernaliste aan oor seksuele geweld in konflikte en daarna, asook in geslagsgelykheid.”

Amerika lees glo hierin die bevordering van liberale transgender-regte, berig The Guardian.

Lede van die Verenigde Nasies stem op ’n vergadering van die Veiligheidsraad. Foto: Getty Images

Amerika het ook by Rusland en China aangesluit en daarop aangedring dat nog ’n afdeling geskrap word. Dit sou ’n nuwe meganisme daargestel het om sulke gruweldade te moniteer en daaroor verslag te doen.

’n Woordvoerder vir Amerika se afvaardiging wou nie kommentaar lewer “op ’n resolusie wat nog nie afgehandel is nie”.

Europese lande met Duitsland, Brittanje en Frankryk aan die voorpunt, sê deur die bewoording te verander oor toegang tot gesinsbeplanning en gesondheidsklinieke vir vroue, sal dekades se internasionale erkenning van vroueregte tot niet maak.

“As ons die Amerikaners toelaat om die woorde uit te haal, sal dit ’n aanval wees op die progressiewe raamwerk wat al 25 jaar lank daargestel is,” het ’n diplomaat gesê wat nie sy naam genoem wil hê nie.

“Tot met die Trump-regering kon ons altyd op die Amerikaners staatmaak om ons te help om dit te verdedig. Nou het hulle omgedraai en sit ons met die onheilige alliansie van Amerika, die Russe, die Heilige See (die pous) die Saoedi’s en Bahreiners wat die vordering wat ons gemaak het, ongedaan wil maak.”

Meer oor:  Vn  |  Veiligheidsraad  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.