Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Vuurpyl by oliegroepe se kantore in Basra

’n Vuurpyl is Dinsdagggend naby die plaaslike bedryfskantore van talle buitelandse oliemaatskappye in Basra in die suide van Irak afgevuur.

Twee Irakse werkers is lig beseer. Niemand het vir die aanval verantwoordelikheid aanvaar nie.

Twee vuurpylaanvalle is ook in die vorige twee dae op Amerikaanse basisse in die gebied geloods.

Irakse soldate hou wag by die ingang van ’n nywerheidsge­bied buite die stad Basra, waar buitelandse maatskappye Dinsdagoggend die teiken van ’n vuurpylaanval was. Foto: Reuters

Spanning in die streek is by breekpunt weens aanvalle op olieteikens.

Amerika blameer Iran vir ’n reeks aanvalle op olietenkskepe in die Golf van Oman.

Amerika het onlangs sanksies teen Iran versterk en meer troepe na Irak gestuur.

Hy het ook al die meeste personeellede uit sy ambassade in Bagdad verwyder weens “bedreigings deur Iran”. Oliemaatskappye het toe van hul personeellede ook ontruim.

Dinsdagse aanval het gevolg kort nadat van Exxon se werkers na Basra begin terugkeer het.

Die vuurpyl, ’n Katjoesja-kortafstandmissiel, het sowat 100 m van Exxon se bedryfskantoor en personeelwonings af geval. Ander maatskappy wat die kompleks gebruik, sluit in Shell van Nederland en Eni SpA van Italië.

Exxon het daarna 21 buitelandse personeellede per helikopter na Doebai geneem.

Volgens amptenare het die aanval nie die lewering of uitvoer van olie geraak nie. – Reuters

Meer oor:  Irak  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.