Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Weduwee van Nobelprys-wenner eindelik vry

Byna ’n jaar na sy dood het die Chinese Nobelpryswenner Liu Xiaobo (61), se weduwee, Liu Xia, toestemming gekry om die land te verlaat.

BBC berig Xia is sedert 2010, toe haar man sy Nobelprys gewen het, onder huisarres.

Die Nobelprys vir vrede is aan hom toegesê vir sy lewenslange stryd om demokratiese hervorming, ’n jaar nadat hy tot 11 jaar tronkstraf gevonnis is weens aanhitsing om die regering omver te werp.

Liu Xia Foto: Reuters

Hy het op 13 Julie verlede jaar sy stryd teen kanker verloor. Hy is in ’n hospitaal in Shenjang vir lewerkanker behandel terwyl hy tronkstraf uitgedien het.

The Guardian berig Xia het reeds Beijing verlaat en was Dinsdagoggend op ’n vlug op pad na Duitsland om “ ’n nuwe lewe te begin”, luidens ’n inskrywing deur haar broer, Liu Hui.

Xia is nooit van enige misdaad aangekla nie.

Meer oor:  Nobelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.