Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Weermag, betogers onderhandel weer in Soedan

Soedan se militêre regering en leiers van die betogers het onderhandelinge hervat om ’n nuwe siviele raad saam te stel om die regering van die land van die weermaggeneraals oor te neem.

Die weermag het die regering oorgeneem nadat die betogers in ’n burgeropstand ontslae geraak het van pres. Omar al-Basjir.

Die betogers wil ’n burgerlike regering hê en nie die generaals, wat volgens hulle kop in een mus met Al-Basjir is nie. Die betogings gaan voort voor die militêre hoofkantoor.

“Gesprekke tussen die militêre oorgangsraad en die Alliansie vir Vrede en Verandering (die betogers) het begin,” lui ’n verklaring wat die militêre raad uitgereik het, berig Al Jazeera.

Vroeër het die alliansie gesê hy is vasbeslote dat die land se regering “gelei moet word deur ’n burgerlike as voorsitter en met beperkte militêre verteenwoordiging”.

Albei kante wil die meeste sitplekke op die soewereine raad van 11 lede hê wat in die oorgangstyd die land sal regeer, berig Reuters.

Hulle het reeds ooreengekom op ’n oorgangstydperk van drie jaar en die totstandbringing van ’n parlement met 300 lede waarvan twee-derdes uit die alliansie sal kom.

Die onderhandelinge sit nou vas omdat albei kante beheer oor die raad, wat aansienlike magte sal hê, wil hê.

Meer oor:  Pres. Omar Al-Basjir  |  Soedan  |  Betogers  |  Wêreld  |  Onderhandelinge  |  Weermag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.